Deur Emsie Martin In vandag se finansiële woelinge hoor 'n mens dikwels dat ouers sê hul kinders sukkel om met geld te werk. Soms is dit ouers se eie skuld omdat hulle te veel wil help. Carla Oberholzer, skuldadviseur by DebtSafe sê: “Indien daar één spesifieke versoek is wat ek sou geuiter het toe ek nog jonger was, sou dit gewees het: 'Help ons om 'n geldvaardige...
Deur Emsie Martin In vandag se finansiële woelinge hoor 'n mens dikwels dat ouers sê hul kinders sukkel om met geld te werk. Soms is dit ouers se eie skuld omdat hulle te veel wil help. Carla Oberholzer, skuldadviseur by DebtSafe sê: “Indien daar één spesifieke versoek is wat ek sou geuiter het toe ek nog jonger was, sou dit gewees het: 'Help ons om 'n geldvaardige jeug op te rig, Suid-Afrika’. Die konsep van geld is 'n fundamentele vaardigheid wat enige volwassene, ouer, voog, familielid of onderwyser vir ons jongmense kan help aanleer. Dit bied nie net 'n wensituasie vir die jeug en hulle toekomstige finansiële besluitneming nie, maar ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Dit is vandag amper onmoontlik om te dink dat net sekere mense slagoffers van depressie kan wees en dat net grootmense aan depressie kan ly. Dit is egter nie so nie, want kinders kan ook in depressie verval. Volgens dr. ST Potgieter, sielkundige van Bellville, is dit belangrik om te verstaan dat kinderdepressie verskil van die normale hartseer of triestigheid wat kinders kan ervaar. Net soos volwassenes beleef kinders ook verskillende emosies. Daar is dus tye wat 'n kind meer swaarmoedig sal voel – dis is normaal. Dit is gewoonlik eers wanneer hierdie triestigheid en hartseer aanhou en 'n kind se normale funksionering ontwrig, dat depressie moontlik ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Ongeveer een uit elke sewe kinders het ‘n behandelbare geestesgesondheidstoestand, maar die meeste sal die las tot volwassenheid dra as gevolg van Suid-Afrika se chroniese gebrek aan spesialiste en fasiliteite om hul unieke behoeftes te ondersteun. Só sê dr. Alicia Porter, 'n psigiater en raadslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters (SASOP). Kinders en adolessente het nie die geestesgesondheidsimpak van die Covid-19-pandemie vrygespring nie, met angs- en depressiesimptome by onder-18's wat wêreldwyd na raming verdubbel het. “Geestesgesondheidswerkers verwag dat die ontwrigting van gesin- en skoolroetines, vrees om besmet te word of geliefdes te verloor, isolasie en gebrek aan sosiale kontak wat met die pandemie gepaard gegaan het ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Baie kinders is bang vir die donker – veral kleuters, voorskoolse kinders en soms self skoolgaande kinders. Partykeer reageer ouers deur te dink dit is sommer stoutigheid, maar dit is vir baie kinders 'n normale fase wat weer verby sal gaan. Kinders van hierdie ouderdom het 'n groot verbeelding en sukkel soms om te onderskei tussen fantasie en realiteit. Hulle sal dus dink dat die monster wat hulle op TV gesien het of waarvan iemand hul vertel het dalk onder hul bed of in hulle kas skuil. Dit is baie belangrik dat ouers nie hierdie vrees wat hulle kind ervaar, afmaak as niks nie. Ouers moet hulself afvra: Was ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Kouer maande kan strawwer wees op klein lyfies. Jou kinders benodig nie net meer drukkies en soentjies nie, maar ook meer aandag aan hulle velsorg, voeding, en aktiwiteitsvlakke. Maak die meeste van die wintermaande deur hulle gesond, gelukkig en sorgeloos te hou! Kom ons kyk na 'n paar wenke om te verseker hulle floreer: Badtyd Die koue weer en lae humiditeit kan sensitiewe, jong vel van vog beroof. Beskerm jou kind se delikate vel deur warm baddens bo die stort te verkies en vog-elemente by die water te voeg. Verseker dat die produkte wat jy kies geen onnatuurlike kleurmiddels en geure bevat nie. Sodra hulle ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Stilstuipe is die weiering van een persoon om mondeling met 'n ander persoon te kommunikeer, of selfs die teenwoordigheid van die persoon te erken. Dis 'n gedragspatroon wat in verskillende tipes verhoudings voorkom, byvoorbeeld ouers teenoor hul kinders, volwasse kinders teenoor hul ouers, tussen vriende en selfs kollegas, asook in huweliks- of ander romantiese verhoudings. Gesonde redes vir stilstuipe Stilstuipe is nie noodwendig 'n negatiewe manier van optrede nie. Wanneer emosies tydens konflik of 'n meningsverskil tussen twee partye hoog loop, is dit raadsaam dat een of albei persone eers gaan afkoel voordat die gesprek verder gevoer ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Doelwitstelling en die opstel van 'n aksieplan wat daarmee gepaard gaan, is 'n waardevolle vaardigheid wat ons van jongs af kan aanleer. 'n Lekker familietradisie kan ontstaan wanneer 'n gesin jaarliks hulle persoonlike en gesamentlike doelwitte op papier uitlê. Die sleutel tot jou kinders se samewerking lê in pret. Kry kleurpotlode, 'n skêr en gom, en kry die gesin bymekaar. Besluit saam wat julle graag daardie jaar wil bereik. Die kleiner kinders kan prentjies teken om voor te stel wat hulle graag wil doen. Wil julle voor die einde van die jaar gaan kamp, laat die jongste ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Die aantal voorvalle van huishoudelike geweld in Suid-Afrika het tydens die Covid-19-inperking toegeneem. Dit word vererger deur die feit dat soveel vroue wat slagoffers van mishandeling is en wat kies om uit te praat daaroor, geblameer en verneder word of laat voel word dat daar niks merkwaardig in hul ervaring is nie. “Jy moes iets gedoen het dat hy jou so behandel. Moenie jou vuil wasgoed in die openbaar was nie. Jy moet dit laat werk. Ons het almal probleme, joune is niks besonders nie.” Dit is woorde wat so dikwels gehoor word deur vroue wat slagoffers ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Die stigma rondom geestesgesondheid het heelwat afgeneem in die laaste dekade. Die afname gebeur egter nie vinnig genoeg nie. Die meeste mense wat met geestesprobleme sukkel, het al paaie gekruis met wanopvattings oor sielkunde: dat hulle net positief moet wees en hulle probleme sal verdwyn; dat dit 'n fase is; dat hulle dit kan beheer as hulle net hard genoeg probeer. Hierdie stigmatisering veroorsaak dat mense skaam voel oor hulle probleme en ook nie maklik gewillig is om hulp te kry nie. Dit is noodsaaklik dat ouers hulle kinders van 'n jong ouderdom af van geestesgesondheid begin ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Het jy ooit gedink jy sou erken dat alkohol jou baas is? Miskien nie, maar die meeste mense verkies om die probleem te ignoreer of weg te steek. Wanneer jy, of iemand vir wie jy lief is, vasgevang is in die web van alkoholafhanklikheid kan dit lyk asof rehabilitasie onmoontlik is. Jy besluit elke dag om op te hou, maar dit gebeur net nooit nie. Met die regte besluite, behandeling en ondersteuning is daar egter hoop. Daar is hulp, selfs deur met 'n arbeidsverhoudingspesialis, kantoorpraktisyn of gesondheidspraktisyn te gesels, maar herstel is 'n lang proses. As jy ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Baie van ons kan nie altyd verstaan waarom daar mense is wat nie van diere hou nie, maar die band tussen mens en dier geniet wêreldwyd aandag vanweë die wedersydse voordele wat dit vir albei partye inhou. Diere word al hoe meer aangewend as plaasvervangers vir maatskaplike tussenwerking in tehuise vir bejaardes, kinderbewaarskole en hospitale. Troetel- en geselskapdiere dien dus enersyds as voorwerpe vir spanningsontlading en andersyds as skakel met die natuur. Troeteldiere het 'n belangrike invloed op hoe mense oor hulself en oor die lewe voel. Die emosionele, sosiale en fisiese bydraes en voordele van troetel- ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Jy mag dink dat om jou lekkernye met jou troeteldiere te deel, hulle wys hoe lief jy hulle het. Per slot van rekening, wie kan daardie hondjie-oë weerstaan wat jou om 'n happie smeek? Maar dink twee keer voordat jy hulle met menslike toegeeflikheid bederf. Sommige kosse wat jy geniet, is net deur en deur sleg vir jou hond en kan gesondheidsprobleme veroorsaak. Selfs al het jou hond in die verlede hierdie kosse geëet sonder enige probleme, kan dit ernstige kwessies tot gevolg hê wat jy dalk nie besef nie. Hier volg die vyf slegste ... Lees meer.
Deur dr. Eugene Brink Jy dink daaraan om jou kind te bederf met 'n troeteldier waarvoor hulle kan lief wees en tyd mee kan deurbring. Die byvoordeel is dat hulle verantwoordelikheid leer deur vir 'n lewende wese te sorg. Hoewel dit alles wonderlik klink, is dit raadsaam om eers vas te stel watter dier die beste sal wees. Dit is ook 'n langtermynverpligting en die versorging van so 'n dier sal uiteindelik waarskynlik op jou oorgaan. Eerstens. . . Daar is verskeie nuttige riglyne wat in gedagte gehou moet word as so 'n groot besluit geneem word. Die American Association ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Dis vir enige diereliefhebber sleg om 'n vakansie te beplan en jy weet jou geliefde troeteldier kan nie saamgaan nie. En dan, wanneer die vakansie aanbreek, kyk hulle jou aan met sulke groot hartseer oë asof hulle weet jy gaan hulle alleen los. Begin sommer nou al 'n troeteldieroppasser soek vir jou volgende vakansie, dan kan jou troeteldier in die gemak van sy eie huis bly en jy kan met 'n geruste hart vakansie hou. Daar is verskillende opsies Tradisionele opsies sluit 'n hondeherberg of huisoppasser in. Dis uiters belangrik dat jy die persoon moet vertrou in ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Daar is verskeie redes waarom sommige honde baie blaf. Party honde-rasse blaf meer as ander. Moenie 'n waghond kies indien jy nie wil hê dat hy moet blaf nie. Honde wat nie genoeg oefening kry nie, is geneig om meer te blaf. Te min stimulasie kan veroorsaak dat jou hond verveeld raak. Wanneer honde die hele dag alleen gelos word, kan hulle begin verlang, verveeld raak, en sonder ophou begin blaf. Honde is oor die algemeen opgewonde kreature. Wanneer jy met hulle speel, kan hulle spelerig blaf. Hierdie is tog hulle manier van praat. Honde kommunikeer deur ... Lees meer.
Deur Emsie Martin My dogter is onlangs met ’n slap riem gevang. Dis so maklik om vandag goed te koop of te verkoop, maar maak eers seker hoe ”eg” die transaksie is. Selfone, elektroniese toestelle, meubels, motors, troeteldiere, vakansies, ens. word gereeld aanlyn teen baie aanloklike pryse aangebied en soms is dit werklik baie goeie kopies. Misdadigers gebruik gereeld fopadvertensies om niksvermoedende winskoopjagters enigiets van 'n paar honderd tot tienduisende rande te laat opdok vir 'n kat in die sak. Virseker maan Suid-Afrikaners om te alle tye waaksaam te wees. “Daar’s min dinge erger as om te besef dat jou ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Jy het onlangs begin werk en kon ook 'n motor koop, maar weet jy hoe om 'n band om te ruil? En vir vroue is dit 'n nog groter probleem omrede hulle dalk nie die sterk genoeg is om 'n wiel onder die voertuig uit te kry, spaarwiel uit die kattebak te kry of die moere los te draai nie. Om 'n band om te ruil klink soos iets wat almal behoort te kan doen maar baie mans en vroue maak steeds staat op barmhartige samaritane of 'n padnooddiens om te kom help – soms met rampspoedige ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Hoeveel keer het jy al iets op jou rekenaar gesoek of bloot net na jou sosiale media soos Facebook gekyk en 'n stortvloed advertensies daarby gekry? Jy onthou dat jy vroeër in die week gesoek het na onderdele vir jou motor maar nou kry jy advertensies van motors en motorhandelaars van oral oor. Jy het op 'n spesifieke verslankingsadvertensie gekliek uit nuuskierigheid en nou word jy oorval met soortgelyke advertensies. Hoe gebeur dit? Jy word opgespoor (tracked) deur digitale spoorsnyers (trackers). Hoe werk spoorsnyers? Wanneer jy 'n webtuiste besoek, rig jou blaaier (browser) 'n versoek vir toegang ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen ’n Sosialemediavalstrik (‘scam’) is 'n kriminele aktiwiteit waar sosiale media, soos Facebook Twitter, WhatsApp en Instagram, asook e-posse deur kubermisdadigers misbruik word met die bedoeling om jou uit jou geld te verkul en/of jou identiteit (soos e-posadresse, wagwoorde, geboortedatums, identiteitsnommers of bankbesonderhede) te steel. Sosiale media is die ideale platform vir bedrieërs omdat dit wêreldwyd meer as drie biljoen (dikwels goedgelowige) gebruikers het. Dis gewild en geredelik toeganklik en daarom maklik vir kriminele om 'n groot aantal slagoffers te bereik. Op sosiale media kan bedrieërs hul ware identiteit en motiewe agter anonieme of vervalste profiele en rekeninge ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Noodhulp is een van daardie dinge wat mens net eenvoudig moet leer, selfs al hoop mens dat jy dit nooit sal hoef te gebruik nie. Ongelukkig is dit ook een van daardie dinge waaroor ons as ouers geneigd is om met mekaar te bespreek, maar nie met ons kinders nie. Die rede hiervoor is dat ons nie ons kinders wil bang maak nie. Dit is egter belangrik om as gesin hieroor te praat sodat almal voorbereid is. Wat sal jou kind doen as sy oppasser iets oorkom en hom nie op daardie oomblik kan versorg nie? Hy ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Langnaweke hou gewoonlik 'n slagting in vir motoriste op ons paaie, en dit is noodsaaklik dat jy nie net die gewone voorsorgmaatreëls moet tref nie, maar ook bewus moet wees van ander gevare op ons paaie. Meer as ooit tevore is dit noodsaaklik dat jou voertuig goed in stand gehou moet word, dat jy goeie bestuursvernuf aan die dag lê en dat jy en jou passasiers waaksaam sal wees. 1) Hou 'n gesinsvergadering. Dit is 'n gulde geleentheid om padveiligheidsbewustheid by jou kinders in te skerp. Laat die jonger kinders opnoem en selfs opskryf wat vooraf gedoen ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Vakansie is veronderstel om 'n tyd van rustigheid en ontspanning te wees maar met families en skoonfamilies wat dikwels almal saam gaan uitspan, kan daar moontlik konflik voorkom. Die konflik kan tydens die vakansie voorkom, of almal het eerder net stilgebly ten einde die vrede te probeer bewaar en dan besef jy na die vakansie dat almal nie om dieselfde vuur sit nie. Familievakansies kan weens konflik maklik in 'n tydperk van stres en spanning ontaard. Daar is verskeie dinge wat tot konflik kan lei tydens 'n familievakansie. Almal woon moontlik saam onder een dak en dus ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Winkelsentrums beleef van hul besigste tye tydens die feesseisoen met verbruikers wat na winkels stroom om inkopies te doen met die oog op Kersfees. Die afgelope paar jaar blyk dit egter dat winkelsentrums tydens die feesseisoen selfs meer kwesbaar is met verhoogde misdaadaktiwiteit soos rooftogte by winkels en transitorooftogte. Charnel Hattingh, hoof van bemarking en kommunikasie vir Fidelity Services Group, sê daar is verskeie redes hoekom misdadigers winkelsentrums teiken. “Daar is baie mense in een area wat dit vir hulle maklik maak om in die skare te verdwyn sodra hulle jou handsak gesteel of iets uit 'n ... Lees meer.
Deur Dr Eugene Brink Een van die grootste bekommernisse wat baie troeteldierliefhebbers en -eienaars het, is wat om met hulle geliefde troeteldiere te maak wanneer hulle met vakansie gaan en hulle die diere nie saam met hulle kan neem nie. Die joernalis Kedibone Modise sê as jou troeteldier(e) nie saam met jou kan reis nie, is dit 'n uitstekende opsie om 'n vriend of familielid te vra om by jou huis te kom bly terwyl jy weg is. Troeteldiere, veral honde en katte, sal gemakliker wees as jy hulle by 'n bekende persoon in 'n bekende omgewing los. Om jou ... Lees meer.
Deur Dr. Eugene Brink Die enigste konstante in die lewe is verandering en hierdie beginsel geld selfs wanneer dit by vakansies kom. Maar wat vakansies ook lekker maak, is dat baie van dieselfde elemente tog behoue gebly het. Dis hoekom ons op vakansie gaan: om dít wat nog altyd lekker was, soos die see, die bos en om te braai, te geniet. Dit is tog interessant om te weet wat die aard van vakansies dekades gelede was en hoe dit met hedendaagse vakansies vergelyk. Mense se indiwiduele belewenisse sal uiteraard verskil, maar almal ervaar heimwee – hetsy as kind of ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Om 'n persoon in diens te neem om in jou huis of op jou erf te werk, is nie 'n besluit wat ligtelik geneem moet word nie. Volgens Charnel Hattingh, hoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity ADT, is dit kommerwekkend dat soveel huiseienaars vreemdelinge in hul huis en op hul erf toelaat sonder dat hulle enige iets van hierdie mense weet. “Die meeste huishoudings benodig hulp – of dit nou ’n au pair, kinderoppasser, huishulp, versorger of tuinier is. Baie dikwels oorskadu die desperaatheid om iemand aangestel te kry die noodsaaklikheid om agtergrondondersoeke op hierdie mense ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen In die verlede moes voornemende kopers en huurders van 'n eiendom tevrede wees met wat hulle sien wanneer hulle 'n huis wou koop of huur. Hulle was aangewese op die eerlikheid van die verkoper en die eiendomsagent en moes te goedertrou aanvaar daar is geen verskuilde foute voor hulle die kontrak teken nie, net om wanneer hul uiteindelik die woonplek betrek tot die skokkende ontdekking te kom dat die dak lek of dat daar 'n plaag van termiete is wat die houtwerk beskadig. Die goeie nuus is dat jy nou 'n volledige valuering deur 'n huisinspekteur kan ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Die internet is vinniger as wat dit nog ooit was. Toe die inbel-internet nog met 'n gekreun en gesteun die wêreldwye web na ons skerms gebring het, het ons gedink dat dinge vinnig gebeur. Nou is ons egter gewoond aan “onmiddellik” en maak die internetverskaffers wonderlike beloftes van blitsvinnige konneksies, want hulle kan ons sowaar daarvan voorsien. Wanneer die internet egter stadiger reageer as wat jou kontrak verklaar, is daar 'n klompie oplossings wat jy self kan probeer, voordat jy jou diensverskaffer kontak. Sit jou versender (“router”) of modem af en weer aan. Dit is gewoonlik almal ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Voor jy jou oë uitvee, is die nuwe jaar met mening aan die gang en het jy en jou gesin in julle ou gewoontes verval en begin die stres en spanning oplaai. Die begin van 'n nuwe jaar is egter ook die geleentheid om nuut te begin, nuwe roetines te vestig en goed wat onnodig stres en spanning veroorsaak uit die weg te probeer ruim. Om goed georganiseerd te wees kan help dat jou huishouding en ander dele van jou lewe soos 'n goed geoliede masjien funksioneer. Daar is talle maniere om te verseker dat alles seepglad ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Voor jy jou oë uitvee, sit jy met 'n huis vol items wat net plek opneem, stof opgaar en alles net sommer deurmekaar laat lyk. Dalk is jy 'n opgaarder wat dit nie oor jou hart kan kry om iets weg te gooi nie of net maklik sentimentele waarde heg aan dinge. Of dit het net bloot gebeur dat jou huis voller en voller raak omdat niks weggooi word nie en net eerder in 'n kas of laai geprop word. Nie net veroorsaak ongebruikte items in 'n huis beperkte ruimte nie, maar maak dit ook moeiliker om ... Lees meer.