Deur Anja van den berg
Tegnologie is deel van ons wêreld, en dis hier om te bly – ook met betrekking tot die skool en opvoeding. In plaas van om ineen te krimp en vreesagtig te wees, kan ouers ʼn gesonde omgewing skep wat navorsing aanmoedig met duidelike grense. Die internet is ʼn kragtige hulpbron, maar dit kan ook ʼn nimmereindige afgrond van afleidings wees. Daarbenewens is dit ʼn onvernietigbare rekordhouer As sodanig sal alles wat na die digitale ruimte opgelaai word, vir ewig daar bly. Om nou slim keuses te maak, sal jou kinders nou en vir hulle toekoms veilig hou. Doen dit so:
Namate kinders ouer word, sal hulle toegang tot die internet benodig vir take en huiswerk. Om te diskonnekteer is nie ʼn oplossing nie, maar ouers kan perke stel op webwerwe, dienste en platforms waarop hulle kinders toegang kan kry gedurende fokustyd. Carey van Vlaanderen, HUB van ESET Suid-Afrika, verduidelik dat baie (foutiewelik) glo dat hulle twee uitdagende take gelyktydig kan uitvoer. “As ons wil hê dat studente na beste leer en presteer, moet slimfone en ander aanlyn afleidings bestuur word.” Help hulle om onderbrekings te vermy deur fokustyd op apparate te stel en inkomende kennisgewings te beperk wanneer daar gefokus word.
Net omdat iets byderwets, snaaks of kontroversieel is, beteken dit nie dit moet gedeel word nie. Die internet is vir ewig, en die inhoud wat jou kinders nou uitstuur, sal vir die res van hulle lewens (en selfs daarna) beskikbaar wees vir verwysing. Kykers kan toekomstige werkgewers, kollegas en lewensmaats insluit. As basiese maatreël is dit ʼn goeie idee om die ouma-vriendelike reël te implementeer. Voordat hulle enigiets in die digitale ruimte deel, moet hulle ‘ja’ kan antwoord op die vraag: ‘Sou jy gemaklik daarmee wees om hierdie met jou ouma te deel?’ ‘
Om deel van die deelklub te wees beteken jy deel – en deel in oormaat! – foto’s en inligting van jou kinders aanlyn. Nie net maak dit inbreuk op hulle privaatheid nie, maar dit kan ook ʼn patryspoort vir predatore wees. Privaatheidstellings is meer poreus as wat jy dink; dit is nie moeilik om inligting op sosiale media te vind nie. Om voortdurend inligting oor jou kinders se doen en late te deel, maak hulle kwesbaar vir baie potensieel boosaardige karakters. As jy wel inligting oor hulle deel, moenie identifiserende materiaal insluit soos skooluniforms, byname, gunsteling aktiwiteite of plekke wat dikwels besoek word nie.
Bronne:
Sectional Title Solutions: https://www.stsolutions.co.za/tips-to-keep-your-children-safe-from-digital-predators/
Oops! We could not locate your form.