Deur Emsie Martin
Die man is joviaal en geliefd onder mense, maar agter die masker skuil daar iemand wat dink en glo hy is die belangrikste persoon in die wêreld. Die mense by die huis ervaar egter nie dieselfde joviale, behulpsame persoon nie. Niks is ooit hierdie persoon se skuld nie en hy sê ook nooit hy is jammer nie.
Dit help nie om met mense hieroor te praat nie, want hulle sal jou nooit glo nie.
Maar wat is ʼn narsis nou eintlik?
Die algemene kenmerke van ʼn narsistiese persoonlikheidsversteuring is ʼn oormatige beheptheid met selfbeeld, mag en vertoon.
Mense wat aan NPV ly, se idee van hul selfwaarde is oënskynlik so hoog dat hulle hulself as beter en belangriker as ander beskou. Hulle het egter ʼn kenmerkende lae selfbeeld en sukkel om kritiek te hanteer, wat veroorsaak dat hulle gereeld probeer kompenseer deur ander te verkleineer.
Kenners sê narsiste word gekenmerk deur eiebelang en die gebrek aan empatie vir ander, maar narsisme en emosionele mishandeling loop vir my dieselfde pad. Hierdie mense kan jou emosioneel dreineer. ʼn Narsis wil graag die middelpunt van belangstelling wees en in elke gesprek bewonder word.
Hoe ken ons hierdie mense uit?
Dr. ST Potgieter, sielkundige van Bellville, sê daar is ʼn verskil tussen gesonde narsisme en patologiese narsisme.
“Gesonde narsisme (selfliefde) beteken dat jy jouself lief het, maar ook ʼn liefde en begrip vir jou naaste het.
By patologiese narsisme is dit ʼn geval van “ek het myself lief en dit is al”.
Wat doen ek
Om met ʼn narsis getroud te wees, kan tot eensaamheid en hartseer lei weens swak kommunikasie, onwilligheid om aan die huwelik te werk en ʼn gebrek aan respek.
Narsiste veroorsaak gewoonlik dat jy jou van sosiale aktiwiteite onttrek, want eensaamheid is draagliker as die verleentheid wanneer hulle jou voor ander beledig
en vernederende aanmerkings voor vriende, familie en kollegas maak.
Leer om hierdie mense te hanteer want hulle het geen insig in hulle probleem nie en gaan nie sommer verander nie. In hulle gedagtes dink hulle “Hoe kan ek verskoning vra as ek altyd reg is?”
Hoe hanteer ek my narsistiese man?
Solidariteit verstaan dat arbeidsverhoudingspesialiste, kantoorpraktisyns, gesondheidspraktisyns en selfs mense in ander beroepe unieke uitdagings ervaar, soos om onder baie druk te werk en ʼn wye verskeidenheid inligting, kennis en vaardighede moet hê en saam met mense met unieke gesondheidskwessies en selfs narsiste moet werk, en daarom bied Solidariteit Beroepsgildes vir jou ʼn geleentheid om by enigeen van hul gildes aan te sluit. Besoek gerus die skakel https://gildes.solidariteit.co.za/ vir meer inligting.
Bronne
https://kerkbode.christians.co.za/2019/10/22/help-my-man-is-n-narsis/
Foto krediet: RODNAE Productions | Pexels
Oops! We could not locate your form.