Deur Marli Naidoo
Die verlies van respek vir mekaar kan ʼn huwelik vinnig laat verbrokkel. Die goeie nuus is dat hierdie verlore respek herstel kan word en julle mekaar weer in ag sal kan neem.
Wanneer julle mekaar respekteer, aanvaar julle dat julle verskillend is en verskillend oor dinge dink, julle respekteer persoonlike grense, het ʼn gemeenskaplike verstandhouding oor wat aanvaarbaar is in julle verhouding, en daar is balans en regverdigheid. As daar ʼn sirkel van gebalanseerde gee en neem is, is dit ʼn teken van ʼn respekvolle verhouding.
Kies om respek te herstel. Dit is ʼn doelbewuste besluit wat nie maklik is om te neem nie. Wil jy jou reaksies regverdig, of gaan jy die minste wees? Die keuse is joune. Dit gaan nie maklik wees in die begin nie, maar probeer om dikvellig te wees.
Dwing respek af deur grense vas te lê en nie minagtende behandeling te aanvaar nie. Baie mense word vloerlappe wanneer hulle ander toelaat om heeldag oor hulle te loop.
Aanvaar dat jou eggenoot nie perfek is nie.
Vul julle huwelik met positiwiteit. Dit neem vier positiewe interaksies om een negatiewe een uit te balanseer. Komplimenteer jou maat gereeld en opreg. Doen klein dingetjies vir jou maat om te wys dat jy vir hom of haar omgee.
Bou jou eggenoot op in jou familie, kinders en vriende se oë.
Praat met sorg en omgee in jou woorde. Dink daaraan dat jy waarlik lief is vir die persoon met wie jy praat.
Wees bewus van jou stemtoon, bespreek belangrike onderwerpe op die regte tye, en wees neutraal deur nie jou maat die probleem te maak nie. Julle is ʼn span wat saam die probleem oplos.
Gaan weer deur julle gesinswaardes om seker te maak dat julle nog op dieselde bladsy is.
Wees vriendelik en bedagsaam teenoor mekaar.
Respekteer mekaar se grense selfs al is dit moeilik. Jy kan nie iemand dwing om dinge te doen wat hy nie wil nie.
Kommunikeer gereeld en laat mekaar toe om eerlik te wees, sonder om aanstoot te neem.
Respek is soos ʼn spier wat al sterker word hoe meer jy dit oefen.
Respekteer jouself, en dit sal die fondament vir wedersydse respek lê.
Bronne
Psychology Today: https://www.psychologytoday.com/za/blog/wander-woman/201605/can-you-restore-respect-once-you-lose-it
Couples Therapy Inc: https://couplestherapyinc.com/13-ways-to-show-respect-in-marriage/
Save my marriage program: https://www.savemymarriageprogram.com/2017/04/29/marriage-problems-signs/
Oops! We could not locate your form.