Deur Marli Naidoo
Speel is dalk die laaste ding waarvoor jy lus het na ʼn lang dag van grootmens-verantwoordelikhede. Jy geniet dit om tyd saam met jou kind te spandeer, maar jy is nie lus vir speletjies nie.
Minder as ʼn eeu terug het kinders hoofsaaklik net met mekaar gespeel waar kinders van alle ouderdomme daagliks vry en ongestruktureer met ander kon speel. Wanneer ouers betrokke raak by die spel, moet dit wees om deel te wees, nie beheer uit te oefen en oor te neem nie.
Ongelukkig leef ons nie in ʼn ideale wêreld nie. Ons kinders kan nie meer sonder toesig by die deur uit verdwyn en met sonsondergang weer instap nie. Na skool gaan hulle huis toe en die meeste van hulle sien hulle maats slegs by die skool. Dit is ons verantwoordelikheid om te sorg dat hulle tyd saam met maats kan spandeer.
Kinders leer by kinders. Wanneer ons glo dat daar volwassenes teenwoordig moet wees vir kinders om iets te kan leer, sit ons die pot mis. Daar is geen beter manier vir ʼn kind om sosiale vaardighede te leer nie. Indien hy die spel wil beheer en vir almal wil sê wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, sal die ouer geneig wees om όf presies te doen wat die kind sê, όf beheer van die spel oor te neem. Kinders blom in situasies soos hierdie. Die maat sal heel moontlik weier om beheer te word, self totaal betrokke wees by die spel en weier om saam te speel as sy wense nie ook in ag geneem word nie.
Dit is wel net so goed om met jou kinders te speel. Hulle is mal daaroor, en dit laat hulle spesiaal voel. Die pad na ʼn kind se wêreld en hart lê in die tyd wat jy met hom spandeer. Dit is nie nodig om speletjies te speel wat jy nie sal geniet nie. Vind iets wat vir julle altwee lekker is.
Die beste manier om jou kinders by jou te help leer, is om ʼn rolmodel te wees. Laat hulle toe om jou te help, en ook om jou waar te neem. Die gesegde “moenie maak soos ek maak nie, maak soos ek sê” klink teoreties soos goeie ouerskap, maar die krake in die model is duidelik wanneer ons besef dat ons kinders gewoonlik op die ou end ons waardes en aksies navolg, ongeag wat ons gesê het hulle moet doen.
Dit is egter goed om met jou kinders te speel, maar nie noodsaaklik nie. Sommige ouers geniet dit om te speel, maar dié wat dit nie geniet nie, hoef geensins skuldig te voel nie solank jy seker maak dat jou kinders wel gereeld tyd saam met maats kan spandeer. Dit is ook noodsaaklik dat hulle weet hoe om hulleself ook besig te hou.
Bronne
Utah State University: https://extension.usu.edu/relationships/faq/the-importance-of-playing-with-your-child
Let Grow: https://letgrow.org/ask-lenore-playing-with-kids/
Child Development Institute: https://childdevelopmentinfo.com/child-development/play-work-of-children/pl5/#gs.w57yas
Psychology Today: https://www.psychologytoday.com/us/blog/freedom-learn/201409/playing-children-should-you-and-if-so-how
Foto krediet: Karolina Grabowska | Pexels
Het DSTV afgesit, meer as ‘n jaar terug, seker al twee jaar, net klomp gemors en herhalings tot vervelens toe (en vrek duur!). Gelukkig het politieke inmenging my genees van enige behoefte om sport nog te kyk of te ondersteun, want dit was regtig die enigste rede wat ek DSTV gehad het voor.
Netflix, Apple-TV en Level-7 unlimited wifi gee my alles wat ek nodig het – op my terme dankie!
Oops! We could not locate your form.
Netflix is tops. Ek is al n jaar en n half weg van dstv en gebruik Netflix, Kody, Skygo deur n Unlocator diens. En dit kos nog minder as dstv.