Deur Melodie Veldhuizen
Voel jy minderwaardig wanneer jy lees oor die goeie hoedanighede van die knap vrou wie se lof in Spreuke 31: 10 tot 29 besing word? Moenie alleen voel nie – min vroue, indien enige, voldoen aan hierdie beskrywing. Jou vriendin brei of hekel dalk pragtig, terwyl ʼn ander een die heerlikste etes vir haar gesin voorberei. En jou ma staan saam met die hoenders op, terwyl jy soggens jou kop wil toetrek tot die son jou warm bak in jou bed. Vroue is uniek, jy is uniek. Dalk is dit hoog tyd dat jy ophou om die volmaakte eggenote – die Spreuke 31-vrou – te probeer wees. Probeer eerder om net ʼn goeie eggenote te wees – die beste wat jy kan wees met die gawes en talente, die fisieke en emosionele vermoëns en die materiële middele wat jy het.
Hoe lyk ʼn goeie eggenote?
- Sy versorg haarself na liggaam, siel en gees.
- Sy is lief vir haarself, aanvaar haarself onvoorwaardelik, sien om na haar voorkoms, en vergelyk haarself nie met ander vroue nie.
- Sy sal nooit haar man deur haar optrede in die skande steek nie.
- Sy kla, neul en baklei nie oor elke ding nie. Wanneer sy van haar man verskil, besin sy of dit die moeite werd is om oor die saak te baklei.
- Die huis en haar man se klere is skoon en netjies en daar is altyd genoeg kos op die tafel.
- Sy deel nie haar man se geheime met andere nie.
- Sy is lojaal en kla nie by haar vriendinne oor hom nie.
- Sy moedig hom aan om sy stokperdjies te beoefen.
- Sy luister aandagtig wanneer hy gesels oor d t waarin hy belangstel.
- Sy bestee gehaltetyd saam met hom, al is sy hóé besig.
- Sê en wys gereeld vir hom dat jy hom lief het.
- Sy ondersteun hom te alle tye, op alle terreine van sy lewe, hetsy in sy loopbaan, stokperdjie, nuwe ideës, of sy rol as die pa van hul kinders.
- Sy is eerlik en het nie geheime vir haar man nie.
- Sy aanvaar hom nes hy is, kritiseer hom nie voortdurend nie en probeer nie om hom te verander nie, maar sy praat ook nie gedrag goed wat haar en andere benadeel nie.
- Sy erken dat sy ook foute het skroom nie om te erken wanneer sy ʼn fout begaan het nie.
- Sy vra om verskoning indien sy hom bewustelik of onbewustelik te na gekom het.
- Respekteer jou man, selfs al verskil jou opinie soms van syne.
- Waardeer wat hy vir jou doen.
- Sy verkwis nie haar man se swaarverdiende geld nie.
- Sy vergewe en vergeet en koester nie griewe nie.
- Sy vertrou hom volkome.
- Leef in vrede met sy familie en vriende en aanvaar dat elkeen ʼn unieke en spesiale plek in sy lewe het.
- Sy kommunikeer gedurig met hom, nie slegs oor alledaagse dingetjies nie, maar ook deur haar gevoelens met hom te deel en aandagtig te luister na wat hy sê.
- Sy werk saam met hom daaraan dat die romanse in hul huwelik nooit verflou nie.
- Sy bly getrou aan hom en gee hom nooit rede om jaloers te wees of te voel hy is nie nommer een in haar lewe nie.
- Sy fokus op die klein dingetjies wat haar man gelukkig maak, in plaas daarvan om alles volmaak te probeer doen.
- Sy is geduldig en verwag nie altyd van hom om onmiddellik iets te herstel of te doen wat jy gedoen wil hê nie, tensy dit ʼn noodtoestand is of kan veroorsaak.
- Sy laat hom voel dat hy haar grootste held is. Sy bewonder hom, komplimenteer hom en laat hom goed voel oor homself.
- Sy laat hom voel hy is onmisbaar. Hy wil weet hy is die eerste persoon na wie sy haar sal wend wanneer sy hulp nodig het.
- Sy is aanpasbaar. Sy besef terdeë sy het met ʼn unieke persoon getrou. Fokus op jul gemeenskaplike eienskappe en belangstellings en pas aan by die verskille, al is dit ook hoe groot.
- Bid gereeld vir hom.
Bronne
El Crema. https://www.elcrema.com/18-qualities-of-a-good-wife/
Focus on the Family. https://www.focusonthefamily.com/marriage/a-wife-and-mothers-role/
Inspiring Tips. https://inspiringtips.com/qualities-of-a-good-wife/
Love Panky. https://www.lovepanky.com/women/how-to-tips-and-guide-for-women/how-to-be-a-good-wife
Mom Junction. https://www.momjunction.com/articles/how-to-be-a-good-wife_00398237/