Deur Emsie Martin
Dit is vandag amper onmoontlik om te dink dat net sekere mense slagoffers van depressie kan wees en dat net grootmense aan depressie kan ly. Dit is egter nie so nie, want kinders kan ook in depressie verval.
Volgens dr. ST Potgieter, sielkundige van Bellville, is dit belangrik om te verstaan dat kinderdepressie verskil van die normale hartseer of triestigheid wat kinders kan ervaar. Net soos volwassenes beleef kinders ook verskillende emosies. Daar is dus tye wat ʼn kind meer swaarmoedig sal voel – dis is normaal. Dit is gewoonlik eers wanneer hierdie triestigheid en hartseer aanhou en ʼn kind se normale funksionering ontwrig, dat depressie moontlik aanwesig kan wees.
Simptome van depressie by kinders wissel. Daar kan ook onderskeid getref word tussen jonger kinders en tieners. Soms word depressie nie as sodanig gediagnoseer nie want die kind se optrede of gevoelens word eerder as deel van die normale grootwordproses gesien. Partykeer gee ʼn kind op ʼn ander manier uitdrukking aan sy depressie, byvoorbeeld deur aggressie.
Die diagnose van depressie by kinders kan kompleks wees en verg van die ouer om regtig deel van sy of haar kind se lewe te wees. Slegs dan sal jy as ouer dadelik agterkom as daar enige tekens is waaroor jy bekommerd moet wees.
Simptome wat op depressie kan dui
Dr. Potgieter wil dit egter beklemtoon dat ʼn kind wat van die bogenoemde simptome toon nie noodwendig depressie het nie. Vir ʼn diagnose moet jy ʼn professionele persoon raadpleeg. Dit is ook belangrik om te onthou dat simptome van depressie by kinders wissel. Dit sal ook goed wees om artikels hieroor te lees om ʼn wyer perspektief op hierdie onderwerp te kry.
Sien dit net as algemene riglyne en jy as ouer moet steeds jou dokter, psigiater of sielkundige hieroor konsulteer.
Miskien is jy ʼn kliniese sielkundige, onderwyser of maatskaplike werker wat mense wil help en bystaan. Dit kan ʼn ondankbare beroep wees waar jy gewoonlik die eerste een is wat gekritiseer word en die laaste een is wat erken word. Jy vermag wondere in ʼn uitdagende omgewing waar nie almal gehelp wíl word nie. Daarom bied Solidariteit Beroepsgildes vir jou ʼn geleentheid om by enigeen van hul gildes aan te sluit. Besoek gerus die skakel https://gildes.solidariteit.co.za/ vir meer inligting.
Bron
Dr. ST Potgieter , sielkundige van Bellville, tel: 021 949 5007
Oops! We could not locate your form.