Max Samis
Medisyne speel ‘n noodsaaklike rol by die behandeling van siektes, die verligting van simptome en die verlenging van lewens, maar dit kan ernstige gevolge hê as kinders dit insluk of as dit nie volgens die aanwysings op die etikette toegedien word nie.
Die ekwivalent van ongeveer vier skoolbusse vol kinders daag elke dag by ongevalle-afdelings in die VSA op omdat ‘n kind per abuis medisyne in die hande gekry het. Dit is meer as 59 000 kinders elke jaar, en omtrent elke minuut van elke dag word ‘n oproep na ‘n gifbeheersentrum gemaak omdat ‘n kind medisyne in die hande gekry het.
Wat gesinne kan doen om kinders te beskerm
Sit alle medisyne hoog en buite sig. In 86% van besoeke aan ongevalle-afdelings vir medisynevergiftiging het die kind ‘n ouer of grootouer se medisyne in die hande gekry.
Gaan alle plekke na waar kinders medisyne in die hande kan kry. Kinders kom medisyne op allerhande plekke by, soos beursies en bedkassies. Sit beursies en sakke op hoë plekke en moenie medisyne op ‘n bedkassie of spieëltafel los nie. In twee uit drie besoeke aan ongevalleafdelings vir medisynevergiftiging is medisyne binne bereik van ‘n kind gelos.
Onthou om alle potensieel skadelike gesondheidsprodukte veilig te bêre. Gesondheidsprodukte soos vitamiene, luieruitslagroom, oogdruppels en selfs handontsmetter kan skadelik wees as kinders dit in die hande kry. Bêre hierdie items hoog, weg en buite sig, net soos in die geval van tradisionele medisyne.
Gebruik net die toediener wat saam met die medisyne kom. Kombuislepels is nie almal dieselfde nie en ‘n teelepel of eetlepel wat vir kook gebruik word, meet nie dieselfde hoeveelheid medisyne af as ‘n toediener nie.
Skryf duidelike instruksies vir versorgers oor jou kind se medisyne. As ander versorgers vir jou kind medisyne gee, moet hulle weet watter medisyne om te gee, hoeveel om te gee en wanneer om dit te gee. Die gebruik van ‘n medisyneskedule kan help met kommunikasie tussen versorgers.
Bron: Safe Kids Worldwide
Oops! We could not locate your form.