Deur Marli Naidoo
Die stigma rondom geestesgesondheid het heelwat afgeneem in die laaste dekade. Die afname gebeur egter nie vinnig genoeg nie. Die meeste mense wat met geestesprobleme sukkel, het al paaie gekruis met wanopvattings oor sielkunde: dat hulle net positief moet wees en hulle probleme sal verdwyn; dat dit ʼn fase is; dat hulle dit kan beheer as hulle net hard genoeg probeer.
Hierdie stigmatisering veroorsaak dat mense skaam voel oor hulle probleme en ook nie maklik gewillig is om hulp te kry nie.
Dit is noodsaaklik dat ouers hulle kinders van ʼn jong ouderdom af van geestesgesondheid begin leer. Die idee is nie net om hulle gemaklik te laat voel om ʼn berader of sielkundige te gaan sien nie, maar ook om hulle te leer hoe om mense te hanteer wat sukkel met geestesongesteldheid.
Daar is gevind dat jong mense met depressie verkies om video’s te gaan kyk oor mense wat dieselfde uitdagings in die gesig staar. Media is ʼn baie kragtige mag wat mense gemaklik laat voel. Hulle voel nie veroordeel deur ʼn video op die internet nie. Gesinne kan saam video’s kyk waar mense met geestesongesteldhede hulle toestand verduidelik.
Plaas geestesgesondheid op dieselfde vlak as fisiese gesondheid. Nie een van die twee is belangriker as die ander nie. Wanneer ons geestesongesteldheid as ʼn siekte begin sien, sal ons nie daarmee wil spot nie. Jy sal nie iemand met suikersiekte of kanker vermy of spot nie. Praat oor die simptome van fisiese en sielkundige siektes.
Wees meer openlik oor jou geestesgesondheid. Moenie skaam wees om te erken dat jy op pad is na jou afspraak met ʼn terapeut of psigiater nie.
Indien jy diskriminasie teen mense met geestesongesteldhede waarneem op die TV, kan jy nie net stilbly nie. Bel die uitsaaier en spreek dit aan.
Om persoonlike ervarings te deel is ʼn kragtige manier om houdings te verander. Deur aan geestesongesteldheid ʼn gesig te gee en te demonstreer dat dit enigiemand kan raak, inspireer mens ander om openlik te wees oor hul probleme.
Dit maak nie saak hoe jy bydra tot die geestesgesondheidsbeweging nie, jy kan ʼn verskil maak bloot deur te weet dat geestesongesteldheid niemand se skuld is nie, maak nie saak wat die maatskaplike stigma sê nie.
Bronne:
Psycom: https://www.psycom.net/mental-illness-stigma
American Psychiatric Association: https://www.psychiatry.org/patients-families/stigma-and-discrimination
NAMI: https://www.nami.org/blogs/nami-blog/october-2017/9-ways-to-fight-mental-health-stigma
Krane wat lek en los is, dak fan in badkamers werk nie meer nie, geute wat stukkend is, gate in water pype, toilet handvatsel los val uit, Stort krane stukkend nie in werkende toestand nie, putty wat af kom aan buite kant van deure, moet ek dit laat regmaak of val dit onder slytasie breuke. As ek uittrek by huurhuis, mag hulle sommer van die dep gebruik vir skade aan huis of moet hulle my eers inlig en kwotasies gee?
Ek was self ‘n verhurings agent by Seeff Eiendomme jare terug en die gebruiklike verhurings kontrak het as volg gelees: Meeste kontrakte lees dat beide die eienaar en die huurder ten alle tye sal onderneem om die huis in ‘n goeie toestand te hou, met beide partye se verantwoordelikhede in gedagte gehou…….. Die eienaar moet verseker dat alles in ‘n normale werkende toestand is alvorens die sletutel oorhandig word, of skriftelike aanduiding moet verskaf word hoe gou dit herstel kan word (wat in die kontrak aangebring word, Aanhangsel A,B of C, ens…………………. Vervanging van gloeilampe, wassers van krane, ens is… Read more »
Oops! We could not locate your form.
As jy n huis huur en daar word by jou ingebreek, elektroniese se hek is beskadig, voordeur en kosyn is beskadig, Is jy verantwoordelik vir herstel daarvan of is dit die eienaar se verantwoordelikheid?