Deur Lea Brink
Energie-ontbyt op sy beste.
Jy benodig:
2 gekoopte wraps
6 eiers
2 gesnyde avokadopere
2 takkies gesnyde grasuie
4 takkies gesnyde sprietuie
100g gesnyde sampioene
½ gesnyde geel soetrissie
½ koppie gekapte basiliekruidblare
½ koppie gekapte spinasieblare
½ koppie volroommelk
sout en peper na smaak
Sous:
1 gekapte tamatie
½ gekapte ui
1 eetlepel suiker
2 knoffelhuisies
1 teelepel gemmer
2 eetlepels rooiwyn-asyn
1 eetlepel Worcestersous
1 opgekapte brandrissie van jou keuse (opsioneel)
Braai die tamatie en ui saam, voeg die suiker, knoffelhuisies, gemmer, asyn, Worcestersous en rissie by. Plaas die deksel op en prut vir vyf minute.
Verhit die wraps in die mikrogolf vir 30 sekondes.
Roer die eiers en melk saam in ʼn pan op lae hitte. Braai die roereiers saam met die sprietuie, grasuie, soetrissie, sampioen, sout en peper totdat alles gaar is.
Plaas die roereier-mengsel bo-op die wrap. Plaas die avokadopeer bo-op die roereier.
Strooi die spinasie en basiliekruid-blare bo-oor die avokadopeer.
Skep lepelsvol van die tamatiesous oor en vou die wrap toe of geniet so oop.