Deur Essie Bester Ons almal wil graag ons kinders sien ontwikkel tot individue met integriteit, deernis en karakter. Die geheim is dat ons aan hulle moet wys dat ons hulle verstaan en werklik omgee, want só leer hulle maklik die lesse van liefde en karakter wat ons met hulle deel, sê kenners. Gebruik leerbare oomblikke Jou dissiplinestrategie is 'n belangrike hulpmiddel. Gebruik altyd die geleentheid om aan...
Deur Melodie Veldhuizen Die meeste ouers ervaar soms angs oor hul kinders en die Covid-19-pandemie skep nog meer redes vir angs as ooit tevore. Hoewel angstigheid (binne perke) normaal is, is dit noodsaaklik dat ouers nie hul angs aan hul kinders oordra nie. Wat veroorsaak angs? ’n Persoonlike geskiedenis van geestesgesondheidsprobleme Skaamheid of gedragsinhibisie gedurende kinderjare Negatiewe ervarings in die verlede en vrees dat iets soortgelyks weer kan gebeur Die vergelyking van hul eie kinders met ander kinders Die vergelyking van die gesin se lewensomstandighede (byvoorbeeld finansies) met dié van vriende of familie Stresvolle en negatiewe lewensomstandighede (waarvan die Covid-19-pandemie en alles wat daarmee gepaard gaan, soos finansies en gesondheid, ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Ek is verstom om daagliks te hoor van kinders so jonk as 12 of 13 wat rook en dwelms gebruik, en dikwels met die ouers se medewete, maar een of ander tyd sal ’n ouer die harde werklikheid in die oë moet kyk, want dit gaan nie vanself beter raak nie. Dr. ST Potgieter, 'n sielkundige van Bellville, sê: “Een ding wat jy as ouer nooit moet doen nie, is om die saak ter wille van vrede te ignoreer. Moenie hoop dat die probleem gaan oorwaai nie, want dit gaan nie. Hoe gouer iemand gehelp word, hoe beter.” Jou kind se verslawing aan drank, dwelms, pille, of ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Die skooljaar het uiteindelik begin. Baie skole verkies egter opsies alternatief tot die tradisionele skoolweek weens die coronavirus-pandemie. Baie kinders gaan skool op 'n roterende basis met een dag se skoolbywoning en die volgende dag skoolgaan van die huis af. Afstandleer is nie maklik nie, veral as jy 'n werkende ouer is en nie oor 'n onderwysagtergrond beskik nie. Met 'n bietjie voorbereiding en 'n ek-kan-dit-doen ingesteldheid, kan ouers egter die sisteem onder die knie kry! Doen dit so: Maak hulle skoolroetine 'n spieëlbeeld van die werklikheid Onderwysers beveel aan dat 'n leerder se dag tuis hulle in-skoolskedule en -roetine weerspieël. Ouers moet hulle kind ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Wagwoorde is niks nuuts nie; hulle het hul oorsprong in die Antieke Wêreld, waar forte, kastele, deure na privaat plekke en grense beskerm moes word en inligting kon net deurgegee of uitgeruil word as 'n wagwoord gegee word. Seker die bekendste wagwoord, Sesam, gaan oop! (Open Sesame!), kom uit die Verhale van 'n Duisend en Een Nagte wat Ali Baba toegang gegee het tot skatte in 'n grot nadat hy gehoor het een van die diewe gebruik die wagwoord om die grot binne te gaan. Sy broer is egter nie so gelukkig om skatte te bekom nie omdat hy die wagwoord vergeet en sesame verwar het met ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Hoe help 'n mens jou kind as jy self sukkel om AGHS (aandaggebrek-hiperaktiwiteitsindroom) te verstaan? Daar is hope inligting aanlyn beskikbaar, maar dit is nie altyd maklik verstaanbaar nie. Onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit is die sleutelkenmerke van AGHS. Dit is normaal by alle kinders om soms onoplettend en ooraktief te wees en om onnadenkend op die ingewing van die oomblik te handel, maar by kinders met AGHS is hierdie soort gedrag meer intens en kom dit ook meer dikwels voor. Om met dié versteuring gediagnoseer te word, moet 'n kind ses maande lank of langer die simptome daarvan toon en dit boonop in 'n erger graad hê ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Voel jy minderwaardig wanneer jy lees oor die goeie hoedanighede van die knap vrou wie se lof in Spreuke 31: 10 tot 29 besing word? Moenie alleen voel nie – min vroue, indien enige, voldoen aan hierdie beskrywing. Jou vriendin brei of hekel dalk pragtig, terwyl 'n ander een die heerlikste etes vir haar gesin voorberei. En jou ma staan saam met die hoenders op, terwyl jy soggens jou kop wil toetrek tot die son jou warm bak in jou bed. Vroue is uniek, jy is uniek. Dalk is dit hoog tyd dat jy ophou om die ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Die Koronavirus-pandemie veroorsaak 'n styging in werkers se stresvlakke, met 'n verstommende aantal mense wat hierdie tyd beskryf as die mees stresvolle tyd in hulle loopbane. Alhoewel 'n gedeelte van die stres te wyte is aan gesondheid- en bestaanskwessies, word 'n groot deel daarvan met werk geassosieer, sê Jennifer Petriglieri, 'n medeprofessor van organisatoriese gedrag en die skrywer van Couples That Work: How Dual-Career Couples Can Thrive in Love and Work. Daarbenewens kom die druk om werk, ouerskap en huishoudelike verantwoordelike te balanseer, neer op 'n swaar las van stres wat maklik ons verhoudings met ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Die Covid-19-inperking het gesinsgeweld en geweld teen vroue in die kollig geplaas; een uit elke ses vroue ervaar geweld. Geweld is enige afbrekende gedrag wat die regte van enige burger om vry te wees aan bande lê en wat leed veroorsaak ten opsigte van die gesondheid en welstand van ander. Hoewel die fokus op vroue en kinders is, is bejaardes en sibbe ook gereelde weerlose slagoffers, maar 'n miskende groep slagoffers is mans. Hulle kry min ondersteuning want hulle is skaam om hulp te soek oor die moontlike swakkeling-stigma wat gaan kleef, en daar is min toevlugsoorde ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Geweld teen vroue en kinders kom in skokkende getalle in Suid-Afrika voor. Volgens president Cyril Ramaphosa is Covid-19 en geweld teen vroue en kinders die twee pandemies waarteen ons op die oomblik veg. Met die verligting van die inperking vanaf vlak 4 na 3, het hierdie tipe geweld en mishandeling met rasse skrede toegeneem, en 21 vroue en kinders is in die laaste paar weke in Suid-Afrika vermoor. Dit is moeilik om getalle te voorsien, aangesien dit nie altyd duidelik is of die misdade juis teen die slagoffers gepleeg is omdat hulle vroue is nie. Die feit ... Lees meer.
Deur Nico Strydom 'n Wêreldwye pandemie van 'n nuwe onbekende virus kan lei tot erge stres en angs, wat boonop vererger kan word deur regulasies wat ingestel word om die virus te probeer bekamp. Volgens Charnel Hattingh, nasionale bemarking- en kommunikasiebestuurder van die veiligheidsmaatskappy Fidelity ADT, sien hulle definitief 'n toename in stres in huishoudings as mens kyk na die kommentare op WhatsApp- en sosialemedia-gemeenskapsgroepe waar mense om hulp vra wanneer hulle gille of 'n bakleiery hoor by huise in hul straat. “Daar is ook 'n aantal kwaai en dreigende boodskappe teenoor bure en diegene wat nie voldoen aan die ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Die meeste kat- en hondliefhebbers het al slegte asem by hul dierekinders waargeneem. Jy kan iets daaromtrent doen, mits jy weet wat die oorsaak daarvan is. Sommige van die oorsake is behandelbaar en selfs voorkombaar, terwyl ander moeilik en net ten duurste behandel kan word. Pika. Dit is 'n eetversteuring waar diere, veral honde, enigiets eet wat voorkom en wat nie kos is nie, soos ontlasting, klippe, grond, hare, verf en selfs lap. Dit kan ernstige gesondheidsprobleme, soos ingewandsere, blokkasie van die derms of irritasie van die spysverteringskanaal veroorsaak. Jy sal een of meer van die volgende ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Die somer is hier, nie net vir ons nie maar ook vir ons troeteldiere. Die meeste van ons dink dis nou 'n goeie tyd om jou hond van sy baie hare te stroop, net soos jy jou klere afstroop en verruil vir swemklere en kortbroeke. Maar is dit regtig 'n goeie idee om jou wolbol se hare af te skeer? Gesondheidskwessies wat verband hou met hitte kan maklik by bragisefale (platgesig-) honde gesien word, veral dié met lang hare. Met die Suid-Afrikaanse hitte sal dit hulle regtig help om geskeer te word. Voordele om jou hond in ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Die meeste van ons het reeds ’n voorsmakie van hierdie somer se bloedig warm dae gehad en jy dink dis dalk ’n goeie tyd om jou hond van sy baie hare te stroop, net soos ons die lae klere afstroop en in ons swemklere en kortbroeke rondloop. Jou troeteldier kry ook warm, maar maak eers by jou veearts seker of dit die regte ding is om te doen. Hier volg 'n paar wenke van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) oor hoe om hierdie somer jou troeteldier teen die hitte te beskerm: Indien moontlik, hou jou troeteldiere in die huis ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Die koms van 'n nuwe baba kan 'n huishouding op sy kop keer en dit kan ook 'n invloed op die troeteldiere van die huis hê. Wanneer die nuwe baba eers by die huis is, het dit 'n oorweldigende aantal nuwe geluide en reuke tot gevolg wat 'n hond kan omkrap veral as hy nie gewoond is aan kinders nie. 'n Baba het ook tot gevolg dat daaglikse roetine drasties verander, wat beteken die hond se skedule gaan moontlik ook verander. 'n Nuwe baba kan ook tot gevolg hê dat 'n hond vir 'n wyle minder aandag ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Honde gebruik hul lywe en uitdrukkings om te kommunikeer hoe hulle voel. Deur jou hond se lyftaal te leer sal jy weet wanneer hulle hartseer, gelukkig, bedreig of kwaai is. Honde gebruik hulle hele lyf om te wys hoe hulle in 'n sekere situasie voel. Hulle blaf, tjank of grom en gebruik gesigsuitdrukkings en hul ore, lippe, neuse, sterte en lywe, so dit is belangrik om te weet wat die verskillende uitdrukkings en gebruike beteken. Dit is egter ook belangrik om alles gesamentlik in ag te neem sowel as die situasie waarin die hond hom of haar ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Talle lande het hul burgers in staat gestel om weer te kan reis te midde van die Covid-19-pandemie, maar kenners is dit eens dat die reiservaring vir nou en lank daarna baie anders gaan wees. Suid-Afrikaners het op 1 Junie weer vir werk begin reis. Reis vir ontspanning of vermaak bly in die stadium verbode. Internasionale reis word ook nog nie toegelaat nie, met Suid-Afrika se grense wat steeds gesluit is. Oz Desai, hoofbestuurder van Corporate Traveller, waarsku egter dat die reiservaring vir nou baie anders gaan lyk. “Reisigers behoort daarvan bewus te wees dat die reëls ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Dis nie slegs gesinne se fisieke veiligheid wat deur gevare soos motorkapings, roof en inbrake bedreig word nie. Omdat die meeste hedendaagse gesinne tegnologie gebruik vir speel, ontspanning en werk, moet daar ook oor almal se aanlyn veiligheid gewaak word. Ons deel 'n paar veiligheidsmaatreëls. Installeer betroubare antivirussagteware om jul rekenaars teen virusse, spioenware en wanware te beskerm. Beveilig jul wi-fi netwerk sodat kubermisdadigers nie jul bandwydte gebruik of jul rekenaars met wanware besmet of wanware-aanvalle van jou stelsel af stuur nie. Gebruik 'n sterk wagwoord vir jou roeteerder , maak koordlose enkripsie moontlik om te verhoed ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Baie van ons was al self slagoffers van misdaad, of ken iemand wat was. Dis ’n gegewe en ongelukkig nie iets waarvoor ons ons blind of doof kan hou nie. Almal is daagliks daaraan blootgestel, daarom is dit noodsaaklik om alles menslik moontlik te doen om onsself en ons geliefdes asook ons besittings te beskerm, tuis en ook op die pad. Veiligheid tuis Sluit alle deure en vensters wanneer niemand tuis gaan wees nie, maar ook wanneer julle tuis is. Belê in 'n sekuriteitstelsel en toets dit gereeld om te verseker dat dit in 'n goeie werkende ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Ons sal nie vir ons kinders 'n klip gee as hulle brood vra nie. Ongelukkig is daar wel ouers wat presies dít doen. Kindermishandeling kom in alle gemeenskappe voor, en kinders haat nie altyd die misbruiker nie. Die skuldige persoon is in die meeste gevalle iemand wat die kind of sy familie ken. Kindermishandeling is enige interaksie of gebrek aan interaksie deur 'n ouer of versorger wat lei tot nietoevallige skade aan die kind se fisiese toestand of ontwikkeling. Dit sluit nie net fisiese skade in nie, maar ook emosionele en seksuele mishandeling, en verwaarlosing. Seksuele mishandeling ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Padongelukke in Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld: wêreldwyd is daar 24.1 sterftes per 100 000 padgebruikers, terwyl in Suid Afrika die syfer 31.9 per 100 000 is. In Suid-Afrika word padsterftes veroorsaak deur dronkbestuur, spoed, bestuurders wie se aandag afgelei word, roekelose bestuur, voetgangers, slaggate en verslete remme en bande. Botsings is die hoof oorsaak van padsterftes en die bestuurders is meestal tussen 15-29 jaar oud. Daar is sprake dat veilige padgebruik ook in die skoolkurrikulum ingesluit gaan word, dus is die lang pad see toe is 'n gulde geleentheid om jou kinders prakties ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Padongelukke in Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld: wêreldwyd is daar 24.1 sterftes per 100 000 padgebruikers, terwyl in Suid Afrika die syfer 31.9 per 100 000 is. In Suid-Afrika word padsterftes veroorsaak deur dronkbestuur, spoed, bestuurders wie se aandag afgelei word, roekelose bestuur, voetgangers, slaggate en verslete remme en bande. Botsings is die hoof oorsaak van padsterftes en die bestuurders is meestal tussen 15-29 jaar oud. Daar is sprake dat veilige padgebruik ook in die skoolkurrikulum ingesluit gaan word, dus is die lang pad see toe is 'n gulde geleentheid om jou kinders prakties ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Alhoewel om na nuwe bestemmings te reis opwindend is, kan om gereeld te reis veeleisend op jou liggaam wees – veral as jy gereeld vir sake-doeleindes moet vlieg. As gereelde vlugte jou voorland is vir 2020, kyk na hierdie vyf wenke om jou welstand te prioritiseer: Monitor hoe jy sit. Dit is vanselfsprekend dat as jy op die vliegtuig in jou sitplek vasgegespe is, jy geen keuse het as om vir veiligheidsredes te bly sit nie. Dit is egter noodsaaklik om bewus te wees van die nadelige effekte van al die gesit tydens baie vlugte. ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Reis tydens swangerskap kan vir baie vroue 'n bekommernis wees aangesien dit ekstra beplanning en voorsorg verg. Swanger vroue wat van voorneme is om te reis moet vroegtydig met hul dokter praat sodat hulle advies kan kry oor watter inentings veilig is en watter voorsorg hulle moet tref vir hul en hul baba se gesondheid. Vroue wat swanger is, word oor die algemeen aangeraai om nie te veel of onnodig te reis nie. Indien daar egter geen komplikasies met die swangerskap is nie, is reis oor die algemeen veilig. Dit word egter nie aanbeveel om na 35 ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Dit is tyd om geskenke oop te maak en die kinders wil uit hulle velle uit spring van opgewondenheid, terwyl die ouers in 'n koue sweet uitslaan. Hoe gaan jou kind reageer op sy geskenke? Hopelik huil hy nie wanneer hy sy oom se geskenk oopmaak nie. Wanneer jou driejarige wys dat hy nie gelukkig is met sy geskenke nie, is dit normaal, en kan jy nie veel daaraan doen nie. Wanneer dit egter jou tiener is wat met 'n lang gesig rondsit nadat hy die geskenkpapier afgeskeur het, het jy dringende intervensie nodig. Leer jou kinders ... Lees meer.
Lea Brink Gerookte ham vir 'n kouevleis Kersete. Jy benodig: 500g gerookte ham 240g fyngedrukte geblikte pynappelstukkies ½ koppie “barbeque”-sous (gekoopte sous van jou keuse) 4 Granny Smith-appels, in dun skywe ¼ koppie volgraanmosterd 1 teelepel paprika ¼ koppie heuning 1 eetlepel gekapte salie 'n Gerookte ham is klaar gaar. Verhit die oond tot 180ºC. Plaas die ham in 'n nou oondbak. Sny halwe sentimeter skywe ongeveer 80% deur. Plaas die appelskywe en pynappelstukkies in elke skyf van die ham. Meng die mosterd, heuning en paprika en “barbeque”-sous saam. Smeer die ham met die sousmengsel tot die ham goed bedek ... Lees meer.
Lea Brink Maklik en vinnig. Jy benodig: 175 ml vars room 200g fyngekapte witsjokolade 100g fyngekapte pistachioneute 2 eetlepel suiker 200g fyngekapte melksjokolade 1 teelepel vanielje-ekstrak Versiersel: 10 fyngekapte pistachio’s 1 eetlepel growwe sout 1 eetlepel klapper 1 eetlepel fyngedrukte Crunchie-sjokolade Verhit die suiker in ’n pan totdat dit goudbruin is. Verwyder van die hitte en voeg die gekapte pistachio’s by. Versprei die karamel-pistachio’s op bakpapier. Plaas eenkant om af te koel. Breek die karamel-pistachio’s met 'n koekroller in kleiner stukke. Verwerk die stukke in 'n voedselverwerker totdat die stukkies die voorkoms van growwe gekapte neute het. Verhit die vars ... Lees meer.
Deur Lea Brink Hierdie Franse roosterbrood maak elke Saterdag-oggend 'n spesiale geleentheid. Jy benodig: 6 snye witbrood 3 eiers ½ koppie klapperroom ¼ koppie fyngekapte pynappelstukke ½ koppie amandelskywe ½ koppie klappervlokkies heuning van jou keuse 1 teelepel bruinsuiker botter om die broodjies in te braai Rooster die klappervlokkies in 'n braaipannetjie met 'n teelepel bruinsuiker op medium hitte. Verwyder die klapper van die hitte sodra die suiker gesmelt is en die klapper begin verkleur. Klits die eiers en klapperroom saam in 'n plat mengbak. Voeg die stukkies pynappel by en roer goed deur. Roer die geroosterde klapper by die ... Lees meer.
Deur Lea Brink Trooskos vir die koue en nat wintersaande. Hierdie gereg het nou al pannekoeke vervang in my huis. Jy benodig: 500g beesmaalvleis ½ fyngekapte ui 1 koppie gevriesde mielies ½ teelepel fyngekapte rooi soetrissie 1 teelepel komynpoeier 1 teelepel koljanderpoeier ½ teelepel paprikapoeier 1 koppie fyngekapte spinasieblare 2 fyngekapte wortels 8 “tortilla wraps” 1 blikkie heel tamaties 100 ml suurroom 2 eetlepels bruinuiesoppoeier 1 eetlepel fyngekapte basiliekruid Sout en peper na smaak 2 koppies gerasperde cheddarkaas 1 koppie gerasperde mozzarellakaas Verhit die oond tot 180ºC. Braai die gekapte uie en maalvleis in 'n pan totdat dit goudbruin in ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Met die grendeltyd en verdere beperkinge het jy dalk vir die eerste maal in 'n lang tyd werklik tyd gekry om aan jou tuin te bestee en dit geniet, of miskien kyk jy nou na jou tuin en sien die potensiaal vir voedselsekerheid of net 'n gesonder dieet, of jy wil vir jouself net 'n lusoord skep, al is dit op jou balkon. Die nuwe normaal is om jou omgewing te vergroen en om jou eie gesonde groente en kruie te kweek. Hoe ook al, jou tuin is 'n gesonde plek om in te wees; verruil die ... Lees meer.
Lea Brink Vullende en voedsame winterskos. Jy benodig: 500g kruisskyf 2 groot eiervrugte ½ fyngekapte ui 1 blikkie gehalveerde tamaties 1 pakkie bruinuiesop 1 eetlepel fyngekapte salieblare 1 teelepel komyn 1 teelepel koljander 2 fyngekapte knoffelhuisies Sous: 4 eetlepels botter 4 eetlepels koekmeelblom 2½ koppies melk sout en peper na smaak Verhit die oond tot 220ºC. Skil ek sny die eiervrugte in skywe, pak op 'n oondplaat en bak in die oond vir ongeveer 10 minute totdat die eiervrugskywe verkleur om die kante. Sny die kruisskyf op in klein blokkies. Braai die kruisskyfblokkies en uie in 'n pan met 'n ... Lees meer.