Deur Melodie Veldhuizen Elke ma streef daarna om die perfekte ma vir haar kinders te wees. Maar die oomblik wanneer jy die huilende bondeltjie in jou arms vashou, besef jy dat dit harde werk gaan verg om hierdie droom te verwesenlik. Namate die tyd aanstap en die uitdagings van moederskap al hoe meer word, besef jy dat jy nooit jou selfopgelegde doelwit om die perfekte ma te...
Deur Essie Bester Tieners wêreldwyd is midde in 'n geestesgesondheidskrisis. Depressie- en selfdoodkoerse onder tienerseuns het sedert 2010 toegeneem terwyl die toename in depressie onder meisies sedert 2007 net mooi verdubbel het. Suid-Afrikaanse kinders is geen uitsondering nie. Volgens Lwanele Khasu, ’n kliniese sielkundige by Ubuntu Family Health Centre, kan tekens van depressie, stres en angstigheid vroeg reeds by ons kinders waargeneem word. “Ons lewe in ’n veeleisende en spanningsvolle samelewing. Kinders is onder geweldige druk om akademies sowel as op die sportveld te presteer. Voeg daarby blootstelling aan hoë vlakke van geweld (direk en indirek) – soos inbrake in die buurt, kapings, nuus oor moorde en politieke kwessies – ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Adolessensie kan 'n onseker en vreemde tyd vir tieners wees, en 50% van adolessente sal 'n sterk afname in selfbeeld en selfversekerdheid ervaar. Jou tiener gaan jou egter nie vertel dat hy nie selfversekerd voel nie. Jy moet op die uitkyk vir tekens wees. 'n Tiener met 'n lae selfbeeld sal gewoonlik met sy oë afgewend loop, nie mense in die oë kyk wanneer hulle met hom praat nie, sal moontlik nie sosiaal wees nie, negatief oor homself praat, of sal te veel jammer sê omdat hy voel dat alles sy skuld is. Teenoorgestelde gedrag kan ook van 'n swak selfbeeld spreek: 'n tiener wat dramatiese handgebare ... Lees meer.
Deur Dr Eugene Brink Alhoewel Suid-Afrika in die laaste tyd 'n vloedgolf pogings ervaar het om kinders te ontvoer is hierdie bose fenomeen niks nuuts nie. Aan die Wesrand het 'n man oor 'n reling gespring en probeer om 'n kind te gryp, voordat omstanders dit verhoed het en hy later gearresteer is. 'n 15-jaar-oue meisie is amper in Durban ontvoer. Hierdie en ander onlangse voorbeelde toon die onvoerders se toenemende astrantheid en wanhopigheid. Voorheen is slinkse tegnieke om kinders te ontvoer in winkelsentrums en areas wat met mense krioel toegepas, maar dit het nou verander in meer onbeskroomde pogings in stil voorstede. Die syfers en feite Die statistieke is ... Lees meer.
By Wilma Bedford Hoe hanteer jy 'n boelie? Ken jou boelie. 'n Boelie sien iemand anders as minderwaardig, as 'n swakkeling, as kwesbaar en 'n sagte teiken en daarom maklik om te intimideer, hetsy deur direkte geweld of sielkundige afknouery, en misbruik mag aan hom toegeken, sielkundig en fisies, om te intimideer. 'n Boelie se persoonlikheid is 'n samestelling van die Donker Tetrad: die Machiavelli wat ander berekend en koel manipuleer vir sy eie gewin; die psigopaat wat geen empatie met ander het nie en wat risiko’s neem ten koste van ander; die sadis wat plesier put uit fisiese pyn en leed wat hy ander aandoen; en die ergste is ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo 'n Tiener kan geneig wees om heeltemal met sy eie lewe en gedagtes besig te wees, en min tyd oor te hê vir ander se probleme of behoeftes. Ten spyte daarvan dat dit 'n normale fase van ontwikkeling is, is liefdevolle intervensie en onderrig in empatie nodig. Indien tieners nie toegerus word om onselfsugtig op te tree nie, sal hulle in selfsugtige en onaangename volwassenes ontwikkel. Die laaste deel van die brein om tot volwassenheid te kom, is die prefrontale korteks, wat met impulsbeheer en besluitneming geassosieer word. Tieners gebruik dus die deel van die brein wat ander mense se gevoelens en gedagtes in ag neem wanneer ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Sommige mense kom wonderlik met hulle skoonfamilies oor die weg, maar dit is nie altyd die geval nie. Vir ander verg dit soms groot inspanning om selfs net in dieselfde vertrek te wees as hulle aangetroude familielede. Dit is egter selfs in hierdie situasies moontlik om Kersfees met jou skoonfamilie te oorleef en dat jy tog van die oomblikke kan geniet deur van die volgende wenke toe te pas. Wees bereid om buigsaam te wees, sonder om deur ander beheer te word. Hierdie is juis die seisoen van dankbaarheid en vrygewigsgesindheid, en dit sal almal baat om ... Lees meer.
Deur Wilma Bedford Digitale detoks is die gonswoord onder jappies en die inding is om na duur wegbreekkampe toe te gaan om die verslawing aan slimfone en media te breek en net weer te verenig met familie en vriende. Ongelukkig is dit so dat ons kinders reeds van kleintyd neig na digitale aanlyn afleiding, videospeletjies, slimfone en Netflix en dan sosiaal afgetrokke en onbetrokke raak by die gesin. Detoks selfoon- en digitaalverslaafde gesinslede met kaarte, bordspeletjies en legkaarte en herstel verbrokkelde gesinstyd; dit klink dalk outyds, maar moet nie die sosiale en opvoedingswaarde van hierdie speletjies onderskat nie. Die gesegde ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Vir ongeveer 30 jaar is navorsers besig om te bestudeer hoe kinders 'n huwelik affekteer, met afdoende resultate: die verhouding tussen egpare ly skade sodra kinders hulle opwagting maak. Deur paartjies met kinders en dié sonder kinders te vergelyk, het navorsers bevind dat die koers van die agteruitgang in verhoudingstevredenheid bykans twee keer so hoog is vir paartjies met kinders as vir kinderlose egpare. Indien 'n swangerskap onbeplan was, ervaar die ouers meer beduidende negatiewe impakte op hulle verhouding. Hierdie afname in huwelikstevredenheid lei waarskynlik na 'n verandering in algemene geluk, sê professor Matthew Johnson, ... Lees meer.
By Melodie Veldhuizen Almal ken die Engelse spreekwoord: “Keeping up with the Joneses". Ons noem hulle sommer ‘die bure’. Hulle is nie sulke slegte mense nie en weet waarskynlik nie eens hoe hulle jou lewe beïnvloed nie, maar na jou mening is hulle op professionele, persoonlike, akademiese, gesins- of sosiale vlak en die vertoon van rykdom, beter as jy en jou gesin. Jy begeer om soos hulle te wees – net so geleerd of welaf, of om in hoogaangeskrewe sosiale kringe te beweeg. Daar is verskeie redes waarom jy eerder nie met die bure moet probeer byhou nie. Enkele van ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo In die goeie ou dae was dit heel eenvoudig. Tradisioneel het die man altyd betaal, maak nie saak wie wat geëet het, wie die restourant gekies het of wie die uitstappie gereël het nie. Hierdie tradisie het egter mettertyd plek gemaak vir persoonlike voorkeur en buigsaamheid. Hierdie buigsaamheid kan egter baie spanning teweeg bring wanneer 'n paartjie op hulle eerste aandjie saam uit heeltemal verskillend voel oor wie veronderstel is om die rekening te betaal. Gelukkig is daar riglyne wat kan help om die druk te verlig. Met die eerste uitstappie moet die man bereid wees om ... Lees meer.
Deur Melodie Veldhuizen Sommige dieregedragswetenskaplikes bevraagteken dit of honde werklik verdriet ervaar by die afsterwe van 'n mense-ouer. Kenners beweer dat honde op dieselfde verstandelike en emosionele vlak as kinders van vier tot vyf jaar funksioneer. Hulle besef nie die finaliteit van die dood nie en daarom verwag hulle dat die afgestorwene weer gaan terugkom. Tog blyk dit duidelik uit die gedrag van honde dat hulle verlies ervaar wanneer 'n mense-ouer sterf. Die intensiteit waarmee honde verlies ervaar en tot watter mate hulle gaan treur, hang baie af van hoe heg die verhouding tussen die afgestorwene en sy hondekind was. ... Lees meer.
Chisanga Mukuka Net soos die res van ons is jou harige vriend ook vatbaar vir kieme, bakterieë en siektes. En net soos jy 'n verkoue by ander mense kan aansteek, kan jou troeteldiere soms ook siektes aan jou oordra. Die goeie nuus is dat die meeste soönotiese siektes (siektes wat van diere na mense oorgedra kan word) redelik skaars is. En dié wat jy kan kry, is behandelbaar en kan met eenvoudige maatreëls voorkom word. 'n Goeie begin is om te weet watter siektes waarskynlik oorgedra kan word. Maak seker dat jy vertroud is met die volgende toestande. Wurms Wat ... Lees meer.
Marli Naidoo Die verlies van 'n troeteldier is in baie gevalle 'n kindjie se eerste kennismaking met die dood. Dit kan hom dus hartseer laat, maar kan hom ook met gevoelens van skuld, vrees en verwarring vul. Sommige kinders sal selfs kwaad wees vir 'n maatjie wie se troeteldier nog lewendig is. Dit is dus ons werk om ons kinders deur hierdie moeilike tyd te help. 'n Kleuter sal heel moontlik nog nie die konsep van dood verstaan nie. Verduidelik aan hom dat sy diertjie dood is en nie gaan terugkom nie, maar dat dit glad nie sy skuld is ... Lees meer.
Ons is almal lief vir ons troeteldiere maar dit is nie altyd maklik om 'n gemeenskaplike lewe te lei met 'n dier nie, veral 'n hond. Indien jy beplan om na 'n kompleks te verhuis en jy het 'n hond, of woon in een en wil 'n hond aanskaf, is daar 'n paar dinge wat jy moet oorweeg. Eerstens, is die kompleks troeteldier-vriendelik? Party mense verhuis na 'n kompleks want hulle wil nie bure met troeteldiere hê nie, so maak seker jy mag 'n hond aanhou voordat jy verhuis of een koop. Tweedens, het jy die regte tipe hond vir ... Lees meer.
Bryan Brook Ons is almal lief vir ons troeteldiere, maar dis nie altyd maklik om 'n dier, veral 'n hond, in 'n kompleks aan te hou nie. As jy in 'n kompleks woon of beplan om na een te trek en jy wil 'n hond aanhou, is daar 'n paar dinge wat jy in ag moet neem. Eerstens moet jy vasstel of die kompleks troeteldiervriendelik is. Party mense trek juis na 'n kompleks omdat hulle nie bure met troeteldiere wil hê nie. Maak dus voordat jy intrek of koop seker of jy 'n hond mag hê. Tweedens moet jy seker ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Reis tydens swangerskap kan vir baie vroue 'n bekommernis wees aangesien dit ekstra beplanning en voorsorg verg. Swanger vroue wat van voorneme is om te reis moet vroegtydig met hul dokter praat sodat hulle advies kan kry oor watter inentings veilig is en watter voorsorg hulle moet tref vir hul en hul baba se gesondheid. Vroue wat swanger is, word oor die algemeen aangeraai om nie te veel of onnodig te reis nie. Indien daar egter geen komplikasies met die swangerskap is nie, is reis oor die algemeen veilig. Dit word egter nie aanbeveel om na 35 ... Lees meer.
Deur Nico Strydom Speelgoed is op die oog af 'n wonderlike manier om kinders besig te hou en kan selfs opvoedkundig wees, maar daar is ook speelgoed wat gevaarlik kan wees. Kirstie Haslam van DSC Attorneys, 'n prokureursfirma wat spesialiseer in persoonlike beserings, sê gevaarlike speelgoed is aanlyn en in winkels beskikbaar en kan verborge gevare inhou wat kinders in gevaar stel vir beserings en selfs dood. “Dit dus noodsaaklik om waaksaam te wees wanneer speelgoed gekoop word.” Die Amerikaanse nieregeringsorganisasie World Against Toys Causing Harm (W.A.T.C.H.) het onlangs sy jaarlikse lys van gevaarlike speelgoed vrygestel. Volgens Haslam word daar ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Dit is weereens daardie tyd van die jaar en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) doen 'n beroep op die publiek om 'n ingesteldheid te kweek naby die kus en binnelandse waters. Vir 'n veilige ervaring op die strand, kies 'n strand waar lewensredders aan diens is en swem tussen hulle vlae. As jy dit doen, hoef jy jou nie te bekommer oor trekstrome of skielik te diep te wees nie. Om jou arm op te lig en vir hulp te swaai sal die lewensredders aan diens vinnig laat reageer. Ongelukkig swem mense gereeld waar daar geen lewensredders aan ... Lees meer.
Deur Emsie Martin Ons almal weet vakansies is nie sonder beserings nie, daarom is elke ma voorbereid op skrape, snye, brand- of steekwonde, blou kolle en trane. Gelukkig het ouers daardie spesiale instink om hul kinders se ongelukke of ongelukkies te hanteer. Van 'n pers knop so groot soos 'n eier op jou kind se voorkop tot 'n bloeiende wond word deel van 'n ouer se lewe en ontstel ons nie meer so erg nie. Met ontsmettingsmiddel, helderkleurige pleisters en baie drukkies en soene, weet 'n ma dat sy baie klein ongelukkies kan hanteer. Die geheim is om voorbereid te ... Lees meer.
Deur Anja van den Berg Vir die meeste van ons beteken vakansie dat ons meer tyd saam met familie en vriende gaan bestee, nuwe plekke gaan sien en sommer net iewers anders gaan ontspan. Vir misdadigers beteken dit egter die geleentheid doen hom voor om by wonings in te breek. Moenie dat die vooruitsig op 'n welverdiende vakansie jou verblind teen die risiko’s gekoppel daaraan om jou woning onbeskermd te laat nie. Om voorsorg te tref voor jy vertrek, sal jou woning en besittings veilig hou terwyl jy weg is sodat jy nie terugkeer na die wrede werklikheid van 'n ... Lees meer.
Deur Lea Brink Iets heeltemal anders vir die Kersseisoen. Jy benodig: 110g botter 110g strooisuiker 110g gouestroop 225g bruismeel 2 teelepels gemmerpoeier 1 teelepel gekapte, versuikerde lemoenskil 1 liter vanielje-roomys Verhit die oond tot 180ºC. Smeer 'n oondpan met botter of Spray and Cook en voer uit met bakpapier. Verhit die botter in 'n kastrolletjie op lae hitte. Voeg die strooisuiker en gouestroop by. Verwyder van die hitte sodra die strooisuiker goed deurgewerk is. Plaas eenkant om af te koel. Voeg die bruismeel, versuikerde lemoenskil en gemmerpoeier by. Roer goed deur. Rol die afgekoelde deegbal uit op 'n meelbestrooide oppervlak. ... Lees meer.
Deur Lea Brink Die hittige Kersfees-weer maak hierdie Pavlova een van die grootste treffers van die jaar. Jy benodig: 3 eierwitte 1 koppie strooisuiker 1 teelepel mielieblom 1 teelepel witwyn-asyn 1 bak sjokoladeroomys van jou keuse 250ml vars room 250g gesoute amandels 320g melksjokoladeblokkies 200g vars aarbeie 200g bloubessies 100g granaatpitte ½ koppie vars kruisementblare Sjokoladesous (gekoop) Verhit die oond tot by 140ºC. Voer 'n bakplaat uit met bakpapier en spuit met “Spray and Cook”. Klop die eierwitte styf, voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Klop goed deur. Vou die mielieblom en asyn in die eierwitmengsel in met 'n ... Lees meer.
Lea Brink 'n Baie spesiale koolslaai vir Kersete. Jy benodig: 1 rooikool, opgesny in dun repies 200g bokmelkkaas, opgesny in klein blokkies 2 Granny Smith-appels, opgesny in klein blokkies 200g grofgekapte pekanneute 100g gedroogde rooibosbessies 50g rosyne ½ gesnyde rooi ui ½ koppie dungesnyde wortelstukkies 50g gekapte roketblare 2 eetlepels sesamesaad Sous: 50ml amandelolie of olyfolie 100ml mayonnaise 1 eetlepel growwe volgraanmosterd 2 eetlepels kondensmelk Voeg die rooikool, bokmelkkaas, appels, rooi ui en wortel saam in 'n glasbak en roer goed deur. Voeg die sesamesaad, roket, rosyne, rooibosbessies en pekanneute by die mengsel. Meng die olyfolie, mayonnaise, mosterd en kondensmelk ... Lees meer.
Deur Marli Naidoo Sommige mense kom wonderlik met hulle skoonfamilies oor die weg, maar dit is nie altyd die geval nie. Vir ander verg dit soms groot inspanning om selfs net in dieselfde vertrek te wees as hulle aangetroude familielede. Dit is egter selfs in hierdie situasies moontlik om Kersfees met jou skoonfamilie te oorleef en dat jy tog van die oomblikke kan geniet deur van die volgende wenke toe te pas. Wees bereid om buigsaam te wees, sonder om deur ander beheer te word. Hierdie is juis die seisoen van dankbaarheid en vrygewigsgesindheid, en dit sal almal baat om ... Lees meer.
Lea Brink Verfrissend en lekker koel vir ons warm Kersfees-dae. Jy benodig: 1½ bottel Chardonnay van jou keuse 400ml JC le Roux La Fleurette 400ml Appletizer 1 koppie fyngedrukte aarbeie ½ koppie fyngedrukte bloubessies 2 takkies fyngekapte roosmaryntakkies 2 koppies fyngesnyde waatlemoen ½ koppie fyngedrukte granate Voeg al die bestanddele bymekaar. Roer goed deur. Plaas in die yskas vir 'n paar ure voordat dit bedien word. Bedien in 'n groot beker of bak met baie ys. Roer gedurig deur sodat almal van die vrugte ook kan kry.
Lea Brink Die beste koekies onder die son. Ek het altyd van hierdie koekies in die koekieblik. Jy benodig: 2½ koppies koekmeelblom 1 teelepel koeksoda ½ teelepel sout 120g botter 2 koppies bruinsuiker 2 eiers 1 koppie melk- of donkersjokoladestukkies (“chocolate chips”) ½ koppie witsjokoladestukkies 1 eetlepel fyngekapte pekanneute 1½ teelepels vanielje-ekstrak Verhit die oond tot 180ºC. Voor 'n bakplaat uit met bakpapier en spuit met Spray and Cook. Sif die koekmeelblom, sout en koeksoda saam in 'n mengbak. Klop die botter en suiker saam in 'n elektriese menger totdat die botter ligroom in kleur is. Voeg die eiers en ... Lees meer.
Lea Brink Almal geniet dit om piesangbrood te bak. Hierdie piesangbrood sal verreweg jou gunsteling wees. Jy benodig: 4 medium grootte piesangs ¾ koppie suiker 2 eetlepels sonneblomolie 1 teelepel vanielje-ekstrak 1/3 koppie melk 1½ koppies koekmeelblom 1 teelepel koeksoda ¾ teelepel sout 3 eetlepels kakaopoeier 6 eetlepels kookwater Verhit die oond tot 180ºC. Smeer 'n broodpannetjie met botter en strooi 'n klein bietjie koekmeelblom op die bodem van die pannetjie om seker te maak die piesangbroodjie sal nie vassit nie. Druk die piesangs baie fyn met 'n vurk. Voeg die piesangs, suiker, olie, melk en vanielje-ekstrak saam in 'n ... Lees meer.
Lea Brink 'n Gesonde peuselhappie vir die jongspan. Jy kan die resep aanpas as jou kind allergies is vir grondboontjies. Jy benodig: 2 koppies rou hawermout ½ koppie amandelbotter of grondboontjiebotter ½ koppie rou heuning of goue stroop ½ koppie kokosneutolie ¼ koppie kakao ¼ teelepel vanielje-ekstrak Meng al die bestanddele saam en roer goed deur. Skep 'n eetlepelvol van die hawermoutkoekiebeslag op 'n bakplaat. Herhaal die proses totdat daar omtrent 15 koekies op jou bakplaat is. Plaas in die vrieskas vir een uur voordat jy dit geniet. Pak die hawermoutkoekies in 'n plastiekhouer en bêre in die vrieskas. Eet ... Lees meer.
Lea Brink Wanneer almal van die huis af werk, is dit so lekker om hulle te kan bederf met 'n sny van hierdie sjokoladerolkoek. Jy benodig: ¾ koppie koekmeelblom 1/3 koppie kakao 1 teelepel bakpoeier ½ teelepel sout 4 geskeide eiers ¾ koppie strooisuiker 5 eetlepels suurroom ¼ koppie gesmelte 1 teelepel vanielje-ekstrak Vulsel: 250ml vars room 2 eetlepels strooisuiker 1 blikkie “caramel treat” Bo-laag: 160 g melksjokolade 80g donker sjokolade 120ml vars room 1 teelepel kokosneutolie 2 koppies amandelsplinters Verhit die oond tot 180ºC. Voer 'n bakplaat uit met bakpapier en smeer dit met botter. Strooi 'n lagie kakao ... Lees meer.