Deur Nico Strydom
Reis tydens swangerskap kan vir baie vroue ʼn bekommernis wees aangesien dit ekstra beplanning en voorsorg verg.
Swanger vroue wat van voorneme is om te reis moet vroegtydig met hul dokter praat sodat hulle advies kan kry oor watter inentings veilig is en watter voorsorg hulle moet tref vir hul en hul baba se gesondheid.
Vroue wat swanger is, word oor die algemeen aangeraai om nie te veel of onnodig te reis nie. Indien daar egter geen komplikasies met die swangerskap is nie, is reis oor die algemeen veilig. Dit word egter nie aanbeveel om na 35 weke van swangerskap te reis nie.
Die impak van reis verskil van die trimester waarin die swanger vrou is. Tydens die eerste trimester kan reis naarheid erger maak. Die meeste swanger vroue voel baie beter in hul tweede trimester en as ʼn reis onderneem moet word, is dit gewoonlik die beste tyd. In die derde trimester voel swanger vroue oor die algemeen baie moeër en is dit nie ideaal om vir lank te reis nie.
Swanger vroue word gewoonlik tot en met 36 weke van swangerskap toegelaat om te vlieg. Talle lugrederye sal egter ʼn mediese sertifikaat vereis vir vroue wat 28 weke of langer swanger is. Die meeste lugrederye laat nie vroue wat 36 weke of langer swanger is toe om te vlieg nie. In die geval van vroue wat swanger is met ʼn meerling kan dit van 32 weke af wees.
Swanger vroue kan vinnig ongemaklik raak, so indien hulle besluit om te vlieg of enige ander vorm van reis te onderneem, is dit noodsaaklik om gemaklik te probeer bly. In ʼn vliegtuig kan ʼn swanger vrou seker maak sy is gemaklik aangetrek, gereeld opstaan, genoeg vloeistowwe inkry en gereeld strek.
Wanneer swanger vroue na die buiteland moet reis, is daar ander voorsorgmaatreëls wat getref word. Dit sluit in moontlike inentings en om navorsing te doen oor die presiese omstandighede by die bestemming waarheen gereis word. Daar moet byvoorbeeld seker gemaak word dat die nodige mediese fasiliteite daar beskikbaar is en dat dit veilig is om daar te reis.
Diarree is ook een van die gesondheidsrisiko’s wat reis vir swanger vroue kan inhou. Dit kan lei tot erge siektes wat probleme vir die ma en baba kan veroorsaak. Dit is noodsaaklik om genoeg vloeistowwe te drink en ʼn gebalanseerde dieet te handhaaf om gesond te bly.
Bronne:
Travel Doctor: http://traveldoctor.co.za/health/travelling-pregnant/
You, baby and I: https://www.youbabyandi.com/flying-pregnant/
Living and loving: https://www.livingandloving.co.za/pregancy-blogs/travelling-while-pregnant-how-to-do-it-safely
Foto krediet:
dit klink na ‘n goeie wet! want jy as huurder pas die plekkie baie mooi op sodat jy kan trots wees op jou Nessie. maar as die eienaar nie sy deel doen deur die gebou self (wear and tear) reg maak nie kan jy as huurder maak wat jy wil dit gaan uit mekaar val. hoe weet jy of die verhuurder jou te veel vra vir “n plekkie?
Wat gemaak as die verhuurder versuim om na die huis om te sien (kaste (hout) wat al op gevrot is, die huis geverf moet word, lekasie uit die dak ens) Die eienaar beskou die huis as sy pensioen maar weier om na die huis om te sien en die huurgeld word elke maand stiptelik betaal, maar tog doen die eienaar niks
Het jaar huurkontrak geteken op woonstel maar agv van superlaag (reg vir rystoele) wasbakke in badkamer en kombuis raak dit moeilik om gebukkend alles te doen en weet nie of ek die jaar sal kan volhou op die manier nie. Is daar ‘n klousule dat ek kan kennis gee binne die jaar? Of is dit beter om uit te hou tot kontrak uitgeloop het. Die kontrak wat ek geteken het is ‘n oeroue weergawe van huurkontrak.
Oops! We could not locate your form.
Hierdie is als goed en wel maar een vraag asb. Die deposito moet binne 7 dae terug betaal word plus natuurlik die rente daarop. Die Munisipaliteit se rekeninge is ‘n maand agteruit in sekere gevalle tot 2 maande dus is die huurder uit en sy deposito is terug betaal en die einde van die maand word die rekening vir die vorige maand, terwyl hy/sy nog die perseel bewoon het. As hy nou nie die rekening betaal nie het die verhuurder skade gely agv hiervan?