Deur Lea Brink
Gevlokte beesvleis werk met enige Meksikaanse dis. Lees gerus my whiskey marinade-resep as ʼn alternatief met ’n bietjie meer skop by jou gevlokte vleis.
Jy benodig:
Ongeveer 1.5 kg biefborsstuk (“brisket”)
½ koppie water
½ koppie rooiwyn-asyn
3 eetlepels Dijon mosterd
3 eetlepels olyfolie
1 eetlepel rissiepoeier
1 eetlepel knoffelpoeier
1 eetlepel suurlemoensap
1 teelepel Worcestersous
2 eetlepels tiemie
Verhit die oond tot 180ºC.
Plaas die biefborsstuk in ʼn oondbak met ʼn deksel. Meng die water, asyn, mosterd, olyfolie, rissiepoeier, knoffel, suurlemoensap, Worcestersous en tiemie in ʼn beker.
Smeer die borsstuk met die sous en plaas in die oond vir 4 tot 5 ure, afhangend van die grootte van die biefstuk.
Smeer elke uur nog ʼn laag sous oor die borsstuk.
Verwyder die borsstuk van die hitte en plaas eenkant om af te koel.
Trek die stukkies vleis van mekaar af met jou hande.
Dit is ʼn tydrowende proses maar gee die beste resultate.
Bedien die gevlokte beesvleis op enige Meksikaanse gereg. Ek gebruik dit op my “Nachos” of binne-in my “Burritos”.
Die gevlokte beesvleis kan gevries word vir ongeveer ses maande as dit reg verpak word.
Oops! We could not locate your form.