Lea Brink
Vir die feestelike Desembermaand.
Jy benodig:
800g vars, ryp geelperskes
1 eetlepel suurlemoensap
1 koppie strooisuiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels koekmeelblom
¼ teelepel sout
½ teelepel kaneel
¼ teelepel neutmuskaat
Deeg:
2½ koppies koekmeelblom
1 teelepel sout
75g gekapte koue botter
50g wit bakbotter of vet, gekerf
½ koppie yswater
Sif die meel en sout saam in ʼn mengbak. Voeg die wit en geel botter by.
Vryf die meel en botter tussen jou vingers totdat die botter growwe broodkrummels vorm. Voeg net genoeg water by om die deeg te bind.
Rol die deeg in twee balle. Draai die deeg toe in kleeffilm en plaas eenkant vir ongeveer 20 minute.
Verhit die oond tot 180ºC.
Sny die perskes in kwarte en plaas in ʼn kastrol saam met die strooisuiker, suurlemoensap, sout, koekmeelblom, mielieblom, kaneel en neutmuskaat.
Plaas die mengsel eenkant.
Rol een van die deegballe uit in ʼn tertbak en druk mooi vas in al die hoekies.
Plaas die perskevulsel binne in. Rol die oorblywende deeg uit en plaas dit bo-op die tertvulsel. Druk die kante van die tert goed vas om dit te seël.
Sny stoomgaatjies in die deeg met ʼn mes en maak sirkelpatrone in die deeg. Smeer ʼn laag melk bo-oor die tert met ʼn kwas om die tert ʼn mooi glans te gee wanneer dit bak.
Bak die tert in die oond vir 30-35 minute. Bedien met vars geklopte room en ʼn knippie kaneel.
Oops! We could not locate your form.