Lea Brink
Gerookte ham vir ʼn kouevleis Kersete.
Jy benodig:
500g gerookte ham
240g fyngedrukte geblikte pynappelstukkies
½ koppie “barbeque”-sous (gekoopte sous van jou keuse)
4 Granny Smith-appels, in dun skywe
¼ koppie volgraanmosterd
1 teelepel paprika
¼ koppie heuning
1 eetlepel gekapte salie
ʼn Gerookte ham is klaar gaar.
Verhit die oond tot 180ºC.
Plaas die ham in ʼn nou oondbak. Sny halwe sentimeter skywe ongeveer 80% deur.
Plaas die appelskywe en pynappelstukkies in elke skyf van die ham. Meng die mosterd, heuning en paprika en “barbeque”-sous saam. Smeer die ham met die sousmengsel tot die ham goed bedek is.
Strooi die salie bo-oor. Plaas in die oond vir ongeveer een uur of totdat die ham goudbruin in kleur is.
Bedien die skywe met van die aftrekselsous wat onder in die pan opgegaar het.
Foto krediet:
Oops! We could not locate your form.