Lea Brink
Hierdie vrugtekoekies is heerlik om jou gaste mee te bedien. ʼn Feestelike manier om ʼn Kersfeeskoek te geniet.
Jy benodig:
½ koppie dadels, ontpit
1 koppie pruimedante, ontpit
¾ koppie vye
1 koppie korente
1 ¼ koppie sultanas
1 koppie droë witwyn
1 koppie brandewyn
3 koppies koekmeelblom
1 teelepel pypkaneel
½ teelepel neut
1 koppie botter teen kamertemperatuur
4 eiers, geklits
1 teelepel vanieljegeursel
Kerf al die vrugte fyn, gooi dit in ʼn bak saam met die sultanas en korente. Voeg die wyn en brandewyn by en roer deur. Bedek met ʼn vadoek en laat staan vir ongeveer twee dae. Roer dit ten minste twee keer per dag goed deur.
Verhit die oond tot 150°C. Sprei twee kolwyntjiepanne met Spray ʼn Cook en voer uit met bakpapier. Maak ʼn waterbad waarin die kolwyntjiepanne kan staan.
Sif die droë bestanddele saam, Room die botter en suiker saam tot lig en sponserig. Voeg die eiers en vanieljegeursel saam. Voeg die meelmengel by die eiermengsel en dan die vrugte en meng dit versigtig saam. Dit werk die beste om dit in sarsies van drie in te meng.
Verdeel die beslag tussen die kolwyntjiepanne – dit behoort tussen 18 en 24 koekies te maak. Bak dit in die oond vir ongeveer 45 minute tot ʼn uur. Steek ʼn tandestokkie in om te toets of dit gaar is. Die tandestokkie moet skoon uitkom.
Laat staan vir 30 minute om af te koel voor dit uit die panne gehaal word.
Versiersel:
3 eierwitte
6 koppies versiersuiker
1 ½ teelepels gliserine
ʼn Paar druppels suurlemoensap
Roer die eierwitte deur met ʼn vurk, voeg die versiersuiker in klein hoeveelhede by en vou in met ʼn houtlepel. Voeg genoeg versiersuiker by om ʼn stywe meringue-afronding te kry.
Klits die gliserine en suurlemoensap by. Bedek met kleeffilm en laat staan vir ʼn uur. Roer goed deur en versier dan die koekies.