Deur Emsie Martin
Ons almal weet vakansies is nie sonder beserings nie, daarom is elke ma voorbereid op skrape, snye, brand- of steekwonde, blou kolle en trane.
Gelukkig het ouers daardie spesiale instink om hul kinders se ongelukke of ongelukkies te hanteer. Van ʼn pers knop so groot soos ʼn eier op jou kind se voorkop tot ʼn bloeiende wond word deel van ʼn ouer se lewe en ontstel ons nie meer so erg nie. Met ontsmettingsmiddel, helderkleurige pleisters en baie drukkies en soene, weet ʼn ma dat sy baie klein ongelukkies kan hanteer. Die geheim is om voorbereid te wees op dié ongelukkies terwyl jy met vakansie is.
Eenvoudige, maar noodsaaklike items in die noodhulpkissie vir groot en klein:
Verbande en middels vir wonde, skrape en so meer:
Medisyne en middels:
Ander noodsaaklikhede:
Voorsorg teen voetskimmel en ander kieme:
As jy in ʼn vakansie-oord tuisgaan, is Thursday Plantation tea tree oil perfek om in die storte, baddens en wasbakke te drup as antibakteriële middel vir daardie ekstra gemoedsrus voordat jy dit gebruik. Mens weet nie of die vorige vakansiegangers dalk hoogs-aansteeklike voetskimmel gehad het nie. As jy of jou kinders ʼn openbare of strandstort gebruik, sal ʼn paar druppels op jou voete jou help beskerm teen die opdoen van swaminfeksies soos voetskimmel.
Naaste dokter en hospitaal se besonderhede en nommer:
Onthou om die kontakbesonderhede van die naaste dokter of hospitaal by jou vakansiebestemming na te slaan en die nommers op jou selfoon te laai.
Met ʼn bietjie voorbereiding en ʼn basiese noodhulpkissie, is jy en jou kinders gereed om julle vakansie te geniet. Pak maar baie liefde en drukkies ook in, ry versigtig en kom veilig tuis.
BRONNE:
https://www.rsgplus.org/gesondheid/die-essensiele-noodhulp-kissie-vir-kinders/
https://www.rooirose.co.za/is-jou-noodhulptassie-gepak/
https://www.netwerk24.com/Weg/WegSleep/eina-pyn-20170628
Oops! We could not locate your form.