Deur Anja van den Berg
Alhoewel om na nuwe bestemmings te reis opwindend is, kan om gereeld te reis veeleisend op jou liggaam wees – veral as jy gereeld vir sake-doeleindes moet vlieg.
As gereelde vlugte jou voorland is vir 2020, kyk na hierdie vyf wenke om jou welstand te prioritiseer:
Dit is vanselfsprekend dat as jy op die vliegtuig in jou sitplek vasgegespe is, jy geen keuse het as om vir veiligheidsredes te bly sit nie. Dit is egter noodsaaklik om bewus te wees van die nadelige effekte van al die gesit tydens baie vlugte. Daar is toenemende wetenskaplike bewyse dat om vir lang tye te sit skadelik kan wees. Probeer om ʼn draai by die gimnasium te maak voor ʼn lang vlug. Staan wanneer dit ook al moontlik is, of dit nou beteken jy moet opstaan en strek gedurende die vlug of gebruik maak van ʼn staanlessenaar in die lughawe se voorportaal om werk gedoen te kry.
Dit is moeilik om soveel water op ʼn lang vlug te drink as wat jy sou gedurende ʼn tipiese dag sou doen, veral as jy om sekuriteitsredes nie vloeistowwe aan boord kan neem nie. Dit is egter uiters belangrik dat jy hidreer, aangesien die lugversorgde kajuit sowel as die hoogte jou sal dehidreer. Vra die vlugpersoneel vir ʼn ekstra bottel water sodat jy dit tot jou beskikking het sodra jy wakker word. Hou ook matigheid voor oë met alkohol en kaffeïen, aangesien hulle kitsdehidreerders is.
Probiotika is gesonde vorms van bakterieë teenwoordig in ons almal se liggame. Elkeen van ons het biljoene van hierdie gesonde bakterieë, waarvan die meeste in ons ingewande voorkom. Dit is voordelig vir gereelde reisigers om probiotiese aanvullings te neem om ʼn natuurlike voorraad in stand te hou, aangesien gereelde vlugte dikwels ons immuunstelsels uitput. ʼn Groot gedeelte van ons gesonde immuniteit word toegeskryf aan ons spysverteringskanaal.
Versorg jou geestesgesondheid wanneer jy weg van die huis en geliefdes af is. Met jou ondersteuningstelsel ver weg, kan die stres van om te reis aangevul word deur veeleisende werksituasies. Skakel die eindelose stroom rolprente in jou vermaaksentrum af en luister na strelende musiek of mediteer. Belê in ʼn gemaklike reiskussing om soveel as moontlik slaap in te kry.
Indien moontlik, kies ʼn goeie lugredery. Die nuutste lugvaartuie bevat ongelooflike innoverings, wat spesifiek ontwerp is om welstand te bevorder. Nuwe lugbestuurstelsels beteken dat die lug in die kajuit elke twee tot drie minute hernu word teen die optimum temperatuur, wat jou van 20% meer vars lug voorsien. Terselfdertyd simuleer LED-beligting wat sensitief tot die omgewing is natuurlike sonsopkoms en sonsondergang, wat help om die effekte van vlugvoosheid te verminder.
Bronne:
East Coast Radio: https://www.ecr.co.za/lifestyle/family/travelling-2020-top-5-wellness-tips-frequent-flyers/
Huffington Post: https://www.huffpost.com/entry/7-healthy-travel-tips-tha_b_9437758
Foto krediet:
Oops! We could not locate your form.