Vroue stuur graag gifpyle na mekaar

Vrydag, April 21st, 2017

Karen van der Berg

 

Dit is nie ʼn geheim nie: vroue is komplekse wesens. So lief, moederlik en koesterend as wat hulle kan wees, net so venynig en lelik kan hulle met mekaar wees.

Veral in die werkplek.

Tania van Graan (34) van Johannesburg, ʼn onafhanklike arbeidskonsultant, sê baie van die konflik in die kantoor word deur twee vroue veroorsaak.

“Ek dink die feit dat vroue geneig is om emosioneel te reageer en soms nie logies te dink nie, maar irrasioneel, maak dat wrywing makliker plaasvind.”

 

Tania moet gereeld raad en riglyne gee vir hoe vroue beter oor die weg kan kom:

  • Maak seker dat jy nie dalk die bedreigde, paranoïese een is wat dinge in situasies lees wat nie bestaan nie. Voordat jy iets persoonlik opneem, kry eers afstand daarvan en vra minder betrokke mense of hulle die situasie dieselfde as jy ervaar of nie.
  • Bly altyd kalm, rustig, professioneel en sterk. Glimlag en weerhou jou van die emosionele reaksie en woede. Sorg altyd dat jou bladsy skoon is.
  • Moenie met giftige opmerkings en skinderpraatjies vergeldend reageer nie, al word jy met beledigings, insinuasies of snedige opmerkings uitgelok, want dan lyk jy soos die giftige een. Jy het nie beheer oor wat sy doen nie, maar wel oor jou eie reaksie. Jy is altyd in beheer van hoe jy gaan optree.
  • Werk hard en tree met selfvertroue, geloofwaardig en onkreukbaar op. Iemand wat aanhou pik op iemand wat reg optree se nare en ontoepaslike gedrag kom uiteindelik aan die lig en sy is die een wat sleg lyk.
  • Wees versigtig om “slagoffer” te speel. Wat iemand van jou sê, dra nie by tot jou karakter nie. Mense wat jou goed ken, weet wie jy is.
  • Neem besluite en bemagtig jouself. Jy kan besluit om weg te gaan en nie die probleem op te los nie, of jy kan die situasie verander.
  • Glo in jouself en staan op vir jouself deur grense te stel.
  • Indien die situasie onuithoubaar raak, begin om rekord te hou van voorvalle, datums, tye en persone wat betrokke is. Hou alle elektroniese kommunikasie. Wees baie versigtig met wat jy op sosiale en elektroniese media doen, anders gaan dit aanhou. Hou altyd ʼn papierspoor vir geval dit nodig word om enigiets te bewys.
  • As die werkstres vir jou te veel raak, probeer om op gesonde maniere daarvan ontslae te raak. Gaan stap, oefen, slaap genoeg en begin met ʼn stokperdjie. Omring jou ook met goeie verhoudinge weg van die werk.
  • Kry professionele hulp van ʼn berader of sielkundige as die stres te veel raak, en om seker te maak jy behou perspektief en het gesonde maniere om die konflik te hanteer.
  • Indien jy nie die situasie op jou eie kan hanteer nie, moet dit deur die regte persone by jou werkplek aangemeld word.
  •  
  •  
  •  
  •  

Ander Artikels

Is die afskaf van huiswerk ʼn goeie ding?
Anja van den Berg   ʼn Handjievol laerskole in Suid-Afrika het die omstrede besluit geneem om huiswerk af te skaf. Daardie skole se ouers slaak dikwels ʼn sug van verligting, maar is terselfdertyd besorg oor hul kinders se akademiese vordering. Huiswerk is al geslagte lank een van die hoekstene van skoolonderrig, maar dit raak al […]
Wil jy suksesvolle kinders grootmaak? Doen dan elke dag dié 7 goed
Bill Murphy Jr.   “Ons is wat ons herhaaldelik doen,” sê Aristoteles. “Uitnemendheid is nie ʼn daad nie, maar ʼn gewoonte.” Dit geld vir ons en ons kinders. Ryk ouers gee hulle kinders ʼn reusevoordeel bloot deur hulle in ʼn bevoorregte buurt groot te maak. Nie almal hou van dié idee nie. Party mense sal […]
My kind is altyd laat
Marli Naidoo   Hoekom moet ons so sukkel om ons kinders betyds by die skool te kry? Elke oggend is ʼn uitputtende gedoente van aanpor en frustrasie. Ongelukkig is dit nie ʼn probleem wat met ʼn vyfstapplan uit die weg geruim kan word nie. Kinders se aandag is van nature hoogs afleibaar, en die ontwikkeling […]
1 2 3 102