Deur Melodie Veldhuizen
Stilstuipe is die weiering van een persoon om mondeling met ʼn ander persoon te kommunikeer, of selfs die teenwoordigheid van die persoon te erken. Dis ʼn gedragspatroon wat in verskillende tipes verhoudings voorkom, byvoorbeeld ouers teenoor hul kinders, volwasse kinders teenoor hul ouers, tussen vriende en selfs kollegas, asook in huweliks- of ander romantiese verhoudings.
Stilstuipe is nie noodwendig ʼn negatiewe manier van optrede nie. Wanneer emosies tydens konflik of ʼn meningsverskil tussen twee partye hoog loop, is dit raadsaam dat een of albei persone eers gaan afkoel voordat die gesprek verder gevoer word. Dit word dan eerder ʼn afkoelperiode as stilstuipe, wanneer die een persoon sê: ‘Ek wil graag hieroor praat sodat ons kan probeer om die probleem op ʼn vreedsame manier op te los. Maar gun my asseblief ʼn halfuur om net af te koel.’ Gaan dan, met die ander party se vergunning, na ʼn ander vertrek, kom dan terug en probeer weer, maar sonder enige verwyte. Die verwagting is natuurlik dat die ander persoon met empatie sal luister met die doel om te verstaan en dat julle moontlike oplossings sal kommunikeer om soortgelyke voorvalle te voorkom.
Negatiewe redes vir stilstuipe
Tekens dat stilstuipe emosionele mishandeling is
Effek van stilstuipe op die slagoffer
Aanhoudende en intense ervaringe van stilstuipe kan tot woede, sosiale onttrekking en eensaamheid, depressie, hopeloosheid, gevoelens van minderwaardigheid, verwerping, vernedering en ʼn lae selfbeeld lei.
Hoe om te reageer teenoor ʼn persoon wat stilstuipe kry
Fokus op die ander persoon se optrede. Wees kalm en bedaard. Wanneer stilstuipe sporadies voorkom, kan dit wees dat die ander persoon gekrenk voel en nie wil praat nie. Sê dat jy graag wil weet hoe sy voel omdat jy graag die saak sal wil regstel. Indien jy die oorsaak van die stilstuipe is, vra om verskoning en indien sy steeds nie reageer nie, sê dat jy dit aanvaar en gun haar die geleentheid om haar ontsteltenis te verwerk, maar dring aan op ʼn spesifieke tyd om te gesels en tot ʼn vergelyk te kom. Indien hierdie gedrag gereeld voorkom, dui dit moontlik op ʼn poging tot manipulasie. Sê rustig, kalm en opreg: “Dit is vir my baie belangrik dat ons hierdie situasie uitsorteer. Wanneer jy reg is om met my te kom praat, is jy welkom.” Moenie dat die son oor julle onmin ondergaan nie.
Fokus op jou emosies. Sê onomwonde vir die persoon dat sy stilstuipe jou seermaak en gefrustreerd en eensaam laat voel. Dis juis wat jy nie in ʼn verhouding verlang nie. Verduidelik dat ʼn mens nie probleme met stilstuipe kan oplos nie en noem die probleme by die naam. Stel dit duidelik dat sulke gedrag ʼn risiko vir julle voortgesette verhouding is.
Ignoreer dit tot dit oorwaai. Stilstuipe gebeur nie noodwendig altyd om die ander persoon seer te maak nie. Soms is dit ʼn enkele insident wat handuit ruk en is dit wenslik om dit te laat verbygaan tot die gemoedere afgekoel het en dan aan te beweeg. Indien dit egter ʼn passief-aggressiewe benadering is om jou te manipuleer en jou skuldig te laat voel en eerste die hand van vrede uit te reik, moenie toegee nie. Dis makliker gesê as gedaan, maar gaan jou gang asof sy stilstuipe jou nie pla nie en doen iets om jou aandag af te lei, soos om te gaan stap of jou in ʼn boek te verdiep. So ontneem jy hom van die reaksie wat hy eintlik verlang. Demonstreer dat sy stilstuipe aan jou die geleentheid bied om te doen wat jy graag wil doen, omdat jy hom nie in ag hoef te neem nie.
Stel alternatiewe oplossings voor. Stel ʼn dinkskrumsessie voor waartydens julle reëls betreffende beter kommunikasie in die toekoms aan mekaar voorstel en uitstip. Besin saam oor hoe julle in die toekoms stilstuipe gaan vermy deur openhartig jul gedagtes en emosies met mekaar mee te deel.
Staan op jou regte
Wanneer die situasie in emosionele mishandeling ontaard, is die verhouding ongesond en is dit tyd om op jou regte te staan. Indien jy daarvan oortuig is dat dit die moeite werd is om aan die verhouding te werk:
Indien jy aan stilstuipe blootgestel word, moenie:
Dis die klein jakkalsies wat ʼn verhouding verniel. Stilstuipe stel net die aanspreek van die werklike probleem uit. Die eintlike oplossing is gedragsverandering.
Bronne:
Healthline. https://www.healthline.com/health/silent-treatment#takeaway
Medical News Today. https://www.medicalnewstoday.com/articles/silent-treatment
Vita Nova. https://www.vitanova.co.za/stilstuipe-in-n-verhouding-2/
Foto krediet: Vera Arsic | Pexels
Oops! We could not locate your form.